OORSIG: Dag 2 van ANC-konferensie

Ons regstreekse dekking word voorlopig gesluit. Netwerk24 hou jou op hoogte van enige verwikkelinge.

Lees ook:

2017-12-17 23:35:19Lt.genl. Deliwe de Lange,Gautengse polisiekommissaris, het Sondagaand laat gesê die polisie sal ontplooiword by plekke waar daar ná die bekendmaking van die verkiesingsuitslagfeesgevier sal word, berig News24.2017-12-17 20:03:45Foto: Felix Dlangamandla

2017-12-17 20:01:11

2017-12-17 19:56:10

Volgens Piet Croucamp, politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit, het ’n peiling van Markinor bevind dat 64% van ANC-lede Cyril Ramaphosa as leier verkies.

Ipsos het bevind dat 62% Ramaphosa steun en slegs 19% hulle agter Nkosazana Dlamini-Zuma skaar, sê Theo Venter, politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit se sakeskool en Netwerk24 se ontleder by die konferensie.

“As die konferensie teen dié grein gaan, sal die meerderheid ANC-lede omgekrap wees en kan dit later tot probleme lei,” meen Croucamp.

2017-12-17 19:53:59Afgevaardigdes is uitbundig ná die benoemings vir die topses poste in die ANC Sondagaand bekend gemaak is. Foto: Felix Dlangamandla

2017-12-17 19:50:00

Baleka Mbete, nasionale voorsitter van die ANC, se onttrekking as presidentskandidaat laat Saterdagaand blyk nou betekenisvol te wees, sê Theo Venter, politieke ontleder van die Noordwes-Universiteit se sakeskool en Netwerk24 se ontleder by die konferensie.

“Sy het die tekens gelees en besluit om terug te staan.

“Dit is nou ook duidelik dat Naledi Pandor, adjunk-president op Ramaphosa se aanvanklike spanlys, net ‘n plekhouer was wat Lindiwe Sisulu kans gegee het om haar veldtog te voltooi,” sê Venter.

2017-12-17 19:47:34“Die feit dat dit so lank geneem het om by die benoemingsproses uit te kom, weerspieël die verdeeldheid in die ANC,” sê prof. Pieter Labuschagne, politieke ontleder van Unisa. – Gert van der Westhuizen en Sarel van der Walt2017-12-17 19:44:55Ontleders is dit eens dat die benoemings geen verrassings ingehou het nie en dit duidelik gemaak het dat die ANC in twee kampe verdeel is, skryf Gert van der Westhuizen en Sarel van der Walt.2017-12-17 19:43:01Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, tydens die benoemingsproses van die party se topses leiers. Foto: Deaan Vivier

2017-12-17 19:33:13Daar is talle voorspellings dat adj.pres. Cyril Ramaphosa moeilik geklop sal kan word. Tydens die benoemingsproses was dit egter duidelik dr. Nkosazana Dlamini-Zuma geniet groot steun onder veral die ANC-vroueliga, die -jeugliga en die MK-veterane. – Sarel van der Walt2017-12-17 19:26:04Adj.pres. Cyril Ramaphosa tydens die benoemingsproses. Foto: Deaan Vivier

2017-12-17 19:16:46“Die enigste twee provinsiale uitvoerende komitees wat Nkosazana Dlamini-Zuma steun, is Mpumalanga en Noordwes nadat die Vrystaat en KwaZulu-Natal vanweë hofbeslissings nie mag deelneem aan die leiersverkiesing nie,” sê Theo Venter, Netwerk24 se politieke ontleder by die ANC se nasionale konferensie en leiersverkiesing.2017-12-17 19:14:24Adj.pres. Cyril Ramaphosa sal die ANC se presidentsverkiesing met sowat 1 000 stemme wen, meen Theo Venter, Netwerk24 se politieke ontleder by die ANC se nasionale konferensie. – Sarel van der Walt2017-12-17 19:11:05Jesse Duarte en Gwede Mantashe tydens die nominasiesessie op die tweede dag van die ANC se verkiesingskonferensie in Nasrec, Johannesburg. Foto: Deaan Vivier

2017-12-17 19:09:49The EleXions Agency, die private verkiesingsagentskap wat die verkiesing bestuur, gee die name van die kandidate wat genomineer is, aan die afgevaardigdes. Foto: Felix Dlangamandla

2017-12-17 19:07:44

The EleXions Agency, die private verkiesingsagentskap, gaan nou die stembriefies voorberei. Hulle moes wag vir die finale lys van name.

Die name van die benoemdes vir al ses die topposisies verskyn op een stembrief. Sodra die stembriefies klaar gedruk is, begin die stemmery.

Na verwagting gaan stemmery deur die nag duur.

2017-12-17 18:41:58Mbete vra die media om die saal te verlaat. Die volgende sessie is geslote. Die ANC se organisatoriese verslag sal nou deur Gwede Mantashe bespreek word.2017-12-17 18:41:38Die afgevaardigdes sing ter ondersteuning van hul kandidate. Foto: Felix Dlangamandla

2017-12-17 18:41:10Die afgevaardigdes sing ter ondersteuning van hul kandidate. Foto: Felix Dlangamandla

2017-12-17 18:38:39

2017-12-17 18:36:30Afgevaardigdes sal hul identiteitsdokument of bestuurderslisensie moet toon as bewys dat hulle mag stem.2017-12-17 18:36:18

Afgevaardigdes gaan elkeen een stembrief kry en hulle moet 'n merkie sit langs die naam van die kandidaat vir wie hulle wil stem.

2017-12-17 18:35:30

Die verkiesingskommissie sê die name van die kandidate wat vir die topses poste genomineer is, sal op een stembrief geplaas word.

2017-12-17 18:34:57

Die verkiesingskommissie sê die benoemings bly soos dit is omdat die kandidate dit aanvaar het.

Die stemproses sal nou begin.

Die verkiesingskommissie sê hy gaan nou voort om die stembriewe vir die verkiesing voor te berei.

2017-12-17 18:34:19'n Afgevaardigde wil weet of ander genomineerdes nie dalk ook ter wille van die heropbou van die ANC hul nominasies wil terugtrek nie.2017-12-17 18:33:46Voorsitter: Gwede Mantashe en Nathi Mthetwa2017-12-17 18:33:28Ace Magashule en Senzo Mchunu vir sekretaris-generaal2017-12-17 18:33:08Adjunkpresident: David Mabuza en Lindiwe Sisulu2017-12-17 18:28:21

2017-12-17 18:27:30

Finale lys is dus:

Vir ANC-president: Cyril Ramaphosa en dr. Nkosazana Dlamini-Zuma

2017-12-17 18:26:59

Nomvula Mokonyane en dr. Zweli Mkhize wys hul nominasie vir die pos van tesourier-generaal van die hand.

2017-12-17 18:26:24Mokonyane sê aan die konferensie sy aanvaar nie die nominasie nie.2017-12-17 18:26:06Tesourier-generaal: Paul Mashatile, Nomvula Mokonyane en Maite Nkoana-Mashabane is benoem.2017-12-17 18:19:39Vir sekretaris-generaal is Senzo Mchunu en Ace Magashule benoem.2017-12-17 18:19:19Gwede Mantashe is deur sewe provinsies vir die pos van ANC-voorsitter benoem.2017-12-17 18:18:38David Mabuza, Lindiwe Sisulu en Zweli Mkhize is as adjunkpresident benoem.2017-12-17 18:16:24

Sy vra of daar enige nominasies van vloer af is. Daar is nie. Sy beweeg aan.

2017-12-17 18:16:03Nkosazana-Zuma is deur 1 094 takke landwyd benoem. Sy het dit aanvaar.2017-12-17 18:15:38

Vir president: Cyril Ramaphosa is deur 1 469 takke oor ses provinsies benoem.

Hy het dit aanvaar.

2017-12-17 18:14:54'n Ander beampte van Elexions sê die takke het die volgende mense vir die volgende posisies genomineer. Sy sê die nominasies sal direk daarna ook gedoen kan word.2017-12-17 18:14:06'n Beampte van Elexions, die verkiesingsagentskap wat die taknominasies van provinsies gekonsolideer het, spreek die afgevaardigdes toe. Sy sê die nominasieproses sal nou begin.2017-12-17 18:12:08ANC-afgevaardigdes van die Oos-Kaap is ongelukkig. Foto: Deaan Vivier

2017-12-17 18:10:47Pres. Jacob Zuma, Zweli Mkhize, tesourier-generaal van die ANC, en adjunkpres. Cyril Ramphosa by die ANC se 54ste nasionale konferensie wat vanjaar by die Nasrec-eksposentrum in Johannesburg gehou word. Foto: Deaan Vivier

2017-12-17 18:08:48Die afgevaardigdes sing nou luidkeels: "Nkosazana, die tyd kom nader."2017-12-17 18:07:34Mbete sê daar moet voortgegaan word met die nominasies vir die topses.2017-12-17 18:07:16

Pandor sê sy dink nie dit kan toegelaat word dat die konferensie op hierdie wyse voortgaan nie. Sy sê die voorstel moet aanvaar word en daar moet met die topses nominasies voortgegaan word en daarna moet daar met die nominasies vir die res van Nasionale Uitvoerende Komitee gehandel word.

2017-12-17 18:06:06

Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie, spreek nou die konferensie toe.

2017-12-17 17:55:36

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal, lees uit die ANC-grondwet en sê die party se verkiesingskommissie kan stipuleer hoe die nominasie- en stemproses gedoen moet word.

2017-12-17 17:53:58

'n Noordwes-afgevaardigde vra dat die konferensie hulle toelaat om hul akkreditasie te gebruik om te stem in plaas van hul ID's.

Ander afgevaardigdes dring aan dat ID's gebruik word om te stem om 'n geknoeiery te voorkom.

2017-12-17 17:52:35

Ons gaan nie die kwessie oor die lyste forseer nie, sê Mbete.

Die afgevaardigdes wil die lys van nominasies hê. Hulle skree die beampte van die verkiesingskommissie tree buite orde op.

2017-12-17 17:51:09

Die afgevaardigdes sing: "Dít wat julle doen, is nie reg nie."

2017-12-17 17:50:45

'n Beampte van die verkiesingskommissie is nou weer aan woord. Hy word uitgejou deur sommige afgevaardigdes.

Hy sê die beleid van faksies moet tot 'n einde kom. "Niemand word gedwing nie, maar die ANC moet die besluit maak.

Afgevaardigdes begin om die beamptes dood te sing.

2017-12-17 17:48:12Mbete, wat ervare is met "skarebeheer" in die nasionale vervolgingsgesag, moet bontstaan om die vergadering in bedwang te bring.2017-12-17 17:47:50Andile Mlondo sê op Twitter: "Hierdie oproer herinner my aan Sihle Zikalala wat die elektroniese stem in Polokwane 2007 veroordeel het."2017-12-17 17:43:31Afgevaardigdes maak kapsie teen die reëls van die nominasieproses. Foto: Felix Dlangamandla

2017-12-17 17:42:10Mbete sê hulle moet nou voortgaan. "Julle kan nie almal dieselfde kwessies lug nie," sê sy. Die afgevaardigdes maak kapsie hierteen.2017-12-17 17:41:17Zuma en Ramaphosa praat nou onderlangs oor die proses.2017-12-17 17:40:58'n Afgevaardigde van die jeugliga sê die takke het die konferensie bygewoon om die mandaat van hul onderskeie takke te vervul.2017-12-17 17:39:48'n Beampte van die kommissie is nou besig om die proses individueel aan pres. Jacob Zuma en adjunkpres. Cyril Ramaphosa te verduidelik.2017-12-17 17:39:11Die jeugliga-lede brand om vrae te rig. Foto: Le Roux Schoeman

2017-12-17 17:38:24Sekere afgevaardigdes aanvaar nie wat die beamote sê nie. Mbete gryp in en vra vir orde: "Alle afgevaardigdes sal die kans hê om hul sê te sê en hulle moenie oproerig raak nie. Wees kalm en sit," sê Mbete.2017-12-17 17:37:13'n Beampte van die verkiesingskommissie sê die mense moet oortuig word dat die kommissie ernstig daaroor is om die mag van die takke te behou. Hy sê hy wil bewys die ANC is ernstig oor die mag van takke.2017-12-17 17:35:00Mbete sê tien kwessies is tydens die vraesessies opgehaal en dat 'n beampte van die verkiesingskommissie nou die antwoorde moet verskaf.2017-12-17 17:34:15Baleka Mbete hanteer die afgevaardigdes se vrae. Foto: Le Roux Schoeman

2017-12-17 17:33:06'n Afgevaardigde sê sommige mense het naamkaartjies gekry, al het hulle nie hul identiteitsdokumente gewys nie.2017-12-17 17:30:03Die media het Sondag nie stoele om op te sit nie. Die joernaliste moet almal heel voor in die saal, reg voor die verhoog, plat op die vloer sit en luister na verrigtinge.2017-12-17 17:29:11

'n Afgevaardigde van Noordwes spreek die konferensie toe. Hy sê hy hoor die verkiesingskommissie sê die mandaat van takke moet tydens die stemmery uitgeoefen word.

Die verkiesingskommissie het nie grondwetlike mandaat om enige ANC-lid te straf wat nie volgens sy tak se mandaat gestem het nie, sê hy. "Die kommissie is besig om die uitslag van stemmery te beïnvloed."

2017-12-17 17:23:41Die vroueliga sê dit is die ANC-beleid dat daar by die konferensie nog stemme gewerf kan word. Sy word toegejuig.2017-12-17 17:22:16Die sessie in die hoofsaal is oop. Die voorsitter van die verkiesingskommissie, Baleka Mbete, gee die reëls deur vir die benoemings- en stemproses.2017-12-17 17:06:01

Alle media is gevra om dadelik na die hoofsaal te beweeg.

2017-12-17 16:54:33Die presidentskandidaat Mathews Phosa sê geld is "'n kanker in die ANC," berig die TV-nuuskanaal ANN7.2017-12-17 16:51:55

Lindiwe Sisulu, 'n presidentskandidaat wat haar uit die leierskapstryd onttrek het, sê op Twitter: "Die opposisie se mees kragtige wapen is ons twyfel in onsself en ons wantroue in mekaar.

"Die ANC is die party wat alleenlik in die belange van Suid-Afrikaners optree. Glo dit. Kom ons neem weer die regte pad – dit is 'n MOET!"

2017-12-17 16:30:37

Joernaliste wat sonder begeleiding beweeg het na die saal waar die beleidsbesprekings gehou word, het hulle teen die ysterhand van veiligheidsbeamptes vasgeloop.

Hulle is hieroor gewaarsku en kan aangaan met hul werk. Daar is wel ontevredenheid onder joernaliste omdat hulle slegs in afgebakende gebiede kan beweeg en nie naby afgevaardiges toegelaat word nie.

2017-12-17 16:18:33Mathews Phosa. Foto: Deaan Vivier

2017-12-17 16:17:01Mathews Phosa, voormalige premier van Mpumalanga en 'n sakeman, stap deur die media-area na 'n onderhoud by die Nasrec-eksposentrum in Johannesburg. Phosa het homself as 'n ANC-presidentskandidaat beskikbaar gestel. Foto: Deaan Vivier

2017-12-17 16:11:46

Luidens berigte van 702 Talk Radio is 'n groep joernaliste van CNN aangekeer en met inhegtenisneming gedreig is nadat hulle glo oor die heining by die Nasrec-eksposentrum geklim het.

Hulle is daarna vrygelaat maar moet die eksposentrum glo verlaat. Katy Katopodis het in haar hoedanigheid as 'n lid van die Suid-Afrikaanse nasionale redakteursforum (Sanef) gepraat oor die 'drakoniese" veiligheidsmaatreëls en die feit dat niemand mag vrae vra by die nuuskonferensies nie.

2017-12-17 15:21:13

Nee vir twee adjunkpresidente

Die voorstel dat die ANC twee adjunkpresidente moet hê, is deur die afgevaardigdes by die ANC se nasionale konferensie verwerp.

Zizi Kodwa, ANC-woordvoerder, het by navraag gesê dié voorstel vir wysigings aan die ANC se grondwet wat in Julie vanjaar by die ANC se beleidskonferensie gemaak is, is afgeskiet wat beteken dat die huidige stelsel van een adjunkpresident bly staan.

Afgevaardigdes moet nog stem oor die opsie vir 'n toename in die aantal adjunk sekretaris-generaals na twee of drie óf dat die huidige situasie in plek bly. Sodra daar vanmiddag oor dié kwessie gestem is, sal met die benoemingsproses begin word. (Philda Essop)

2017-12-17 14:55:05

Sal die vroueliga 'n probleem hê met Baleka Mbete as voorsitter nadat sy aangekondig het dat sy Cyril Ramaphosa steun?

Sy is die nasionale voorsitter van die ANC, sy is steeds in daardie posisie, sê Bathabile Dlamini, voorsitter van die ANC-vroueliga.

2017-12-17 14:51:35

2017-12-17 14:41:28Afgevaardigdes hou nou middagete tot omstreeks 16:00. Hierna sal daar 'n oop sessie wees waartydens die nominasies gedoen sal word vir die verskillende top posisies.2017-12-17 14:07:03Pres. Jacob Zuma se tafel is op meer as een manier gedek dié konferensie. Foto: Deaan Vivier

2017-12-17 14:05:44As 'n mens soms sukkel om jouself in die donker te vind, is hierdie ANC-uitrusting net die regte keuse. Foto: Deaan Vivier

2017-12-17 14:04:01Oulike blomme versier die skoen - dit is nou as 'n mens van die kleure hou. Foto: Deaan Vivier

2017-12-17 14:02:35Diegene wat adj.pres. Cyril Ramaphosa ondersteun, kan 'n kledingstuk aanskaf waarop sy gesig pryk. Foto: Deaan Vivier

2017-12-17 14:01:05ANC-lede kan hul lojaliteit aan die party op meer as een manier wys. Een van die gewildste maniere is om die regte klere en kleure te koop. Foto: Deaan Vivier

2017-12-17 13:55:06

2017-12-17 13:30:00

Voor ons stem, kom ons buig die hoofde

Le RouxSchoeman

Daar is Saterdagmiddag gebid,gebulder en selfs gekniel op die hoofverhoog voor pres. Jacob Zuma syswanesangtoespraak en -danspassies as leier van die party gemaak het.

“Die ANC is uitverkies asvoertuig om te rig en te lei, maar die massas is daarbuite,” het een van ’nrits predikers gesê wat die meer as 5 000 afgevaardigdes kort op mekaar sehakke geestelik in die dag se gebeure ingelei het.

Aan die stuur van sake was eerwaarde dr. Vukile Mehana, die ANC se kapelaan-generaal.

Maar die Hindoe-, Moslem- enverskeie Christelike denominasies het 'n (s)preekbeurt gekry voor dieuittredende partyleier met 'n toespraakbundel wat self so dik was soos ’n Statebybel, die podium vir ’n paar uur warm gehou het.

2017-12-17 13:28:51

2017-12-17 13:21:35

'n Wet is nodig teen lang toesprake

Netwerk24 se politieke verslaggewer Llewellyn Prince gesels met 2 politieke analiste, Ebrahim Fakir en Theo Venter.

Fakir vewys na pres. Jacob Zuma se toespraak Saterdag en sê dit was deurspek met paranoia en blaam van andere.

Zuma het almal se name genoem in 'n lang lys van mense enorganisasies, selfs ander ANC-lede, wat hy blameer vir mislukkings, maar hy het gladnie na sy eie rol verwys nie. Hy het ook glad nie verwys na die ANC se rol in die regeringnie.

Op sy beurt sê Venter die ANC moet ‘n wet maak dat ‘ntoespraak nie 2 ure moet duur nie, want Zuma het die steun verloor van die mensewat moeg was by de konferensie en daar gesit en wag het.

"As jy kyk na Zuma se ander toesprake in die Parlement, is dié laaste toespraak tipies Zuma, dit is baie min dat hy verantwoordelikheid vat," sê Venter.

Op ‘n ander vraag wat dan die fout is metdie akkreditasieproses en waarom dit so lank duur, sê Venter, die proses is verskriklik belangrik sodat dieonwettige verteenwoordigers uitgeskakel kan word. Venter sê dit is een van die ANC se probleme – "hulle soek ‘norganisatoriese oplossing vir ‘n probleem wat deur die howe beslis is".

Jy is in of uit - indien mens een persoon by die agterdeur laat inkom, is dit verby, sê Venter.

2017-12-17 12:55:08Die groot groep media by die ANC-beleidskonferensie luister na Jesse Duarte se mediakonferensie. Foto: Felix Dlangamandla

2017-12-17 12:51:55Jesse Duarte by die mediakonferensie waar aangekondig is die akkreditasie van afgevaardigdes is gefinaliseer en die konferensie kan voortgaan. Foto: Felix Dlangamandla

2017-12-17 12:33:43

2017-12-17 12:24:55

Duarte sê die uitslae van die verkiesing van ANC se nuwe leiers sal dalk eers teen Maandag bekend wees.

2017-12-17 12:22:36

Hier is die syfers:

2 389 stemme.

Dít is hoeveelstemme Cyril Ramaphosa of Nkosazana Dlamini-Zuma gaan kort om die nuwepresident van die ANC te word.

Jessie Duarte,adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, het Sondagoggend eindelik afgevaardigdesse geldigheid aan die konferensie voorgelê ná talle vertragings oor geskille.

Die provinsiale uitvoerendekomitees (PUK) van die Vrystaat en KwaZulu-Natal word uitgesluit volgensgeldigheidsbriewe wat die ronde doen.

Dit volg ná hof uitsprake vroeërdie week wat bepaal het dat PUK-lede nie die konferensie kan bywoon nie.

Daaris egter ’n heftige debat verwag voor die geldigheid van die afgevaardigdesamptelik aanvaar kon word.

Die debat is laat Saterdagaanduitgestel met Duarte wat gesê het die lys afgevaardigdes is nie voltooi nie envoorsitter Baleka Mbete wat byvoeg dit moet “skoongemaak” word.

- KwaZulu-Natal is steeds voor interme van die aantal afgevaardigdes. Die aanvanklike aantal afgevaardigdes vandié provinsie het van 870 na 804 gedaal.

- Tweede is Mpumalanga, aanvanklik met736 afgevaardigdes, nou met 708. Nadat die hof bevind het dieVrystaat se PUK en 14 takke mag nie deelneem nie het hul getal afgevaardigdesvan 409 tot 349 gekrimp.

- Noordwes se syfer het ook van 538 tot 446 verminder. Afgevaardigdes van KwaZulu-Natal en Mpumalanga betwis glo die lys.

Die finale aantal afgevaardigdesbeloop 4776. (Berig: News 24)

2017-12-17 12:18:11Verslaggewers wag vir die aankondiging oor die getal aanvaarde afgevaardigdes. Foto: Gert van der Westhuizen

2017-12-17 12:16:25Jesse Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, sal nou 'n mediakonferensie by Nasrec toespreek oor hoeveel afgevaardigdes in die leierskapsverkiesing van die ANC kan stem. Onbevestig is dit 4776.2017-12-17 11:56:07Afgevaardigdes se geldigheid is klaarblyklik nou afgehandel, wat beteken dat die konferensie sal kan voortgaan, volgens berigte.2017-12-17 11:43:10Lindiwe Zulu, minister van kleinsakeondernemings, sê op die oomblik is hul steeds besig om stemgeregtigdes te verifieër, sy verwag dat die konferensie vandag wel volgens plan sal verloop.2017-12-17 11:40:59

2017-12-17 11:39:06

Vroue is dié keer goed verteenwoordig

Die ANC-vroueliga se voorsitter, Bathabile Dlamini, sê dit is die eerste keer in die geskiedenis van die ANC dat drie vroue benoem is vir die presidensiële amp.

Sy sê Suid-Afrika is 'n patriargale land, en dit begin by die kern van die gemeenskap, naamlik by gesinne. Dit moet in ag geneem word wanneer die benoemings van vroue vir bestuursposte in die ANC ontleed word. "Ons kan nie mense dwing om kandidate te nomineer nie, maar ons is 'n stap verder," sê Dlamini.

Sy verwys verder na Nkosazana Dlamini-Zuma wat in die een groep as presidensiële kandidaat staan, en Lindiwe Sisulu wat as adjunk-resident staan in die groepering wat Cyril Ramaphosa steun.

2017-12-17 11:21:33Die leier van die ANC-vroueliga, Bathabile Dlamini, gesels vanoggend met lede van die media, terwyl daar gewag word dat vandag se program amptelik begin. Foto: Deaan Vivier

2017-12-17 11:18:59'n Voorlopige verslag wat die ronde doen wat wys hoeveel van die afgevaardigdes van die verskillende provinsie opgedaag en geregistreer het.

2017-12-17 11:14:19

Joernaliste weggehou van afgevaardigdes?

Die groot verskil tussen die Nasrec-konferensie en die 53ste een in Mangaung in 2012 is dat joernaliste fisiek buite die groot vergadersaal met draadheinings weggehou word van die afgevaardigdes.

Vir 'n geleentheid wat wemel van soveel joernaliste is dit frustrerend.

Daar is dus 'n gebrom onder joernaliste dat hul kontak met afgevaardigdes gereguleer word, berig Philda Essop

2017-12-17 11:12:16

Twitter gons oor die konferensie so laat is:

@Mubiru: Die ANC-konferensie is tegnies 24 uur vertraag –hoewel dit die beeld van die ANC skade beraam, word daar ten minste versekerdat dit behoorlik gedoen word. Ja dit moes op die vlak van die ANC-takkeuitgesorteer word, maar dit is hoe dit is.

@ShazMore: Ek vermoed onraad oor die stilte. Jacob Zuma krynie sy sin nie en gooi nou sy speelgoed rond.

@ToughGemini: Miskien moet hulle ‘n aparte konferensie houwaar afgevaardigdes geakkrediteer word. Of wat van die tegnologie gebruik watmense se gesigte kan identifiseer – seker nie?

2017-12-17 10:24:05Terwyl daar klaarblyklik klaarheid gekry moet word oor die geldigheid van afgevaardigdes, wag van die ANC-lede vanoggend buite die konferensiesaal by Nasrec. Foto: Deaan Vivier

2017-12-17 10:01:06Dit lyk nie of daar veel haas is by Nasrec om die dag se program aan die gang te kry nie, met afgevaardigdes wat drupsgewys begin aankom. Foto: Deaan Vivier

2017-12-17 09:58:58ANC afgevaardigdes vergader buite die konferensiesaal op die tweede dag van die ANC se verkiesingskongres in Nasrec in Johannesburg. Foto: Deaan Vivier

2017-12-17 09:42:23

ANC-jeugleier sê die konferensie is nié laat

Colin Maine, leier van die ANC-jeugliga, sê in 'n onderhoud met eNCA die kwessie van konferensiegangers se geldigheid om te kan stem, is nié so 'n groot 'n kwessie soos wat die media sê nie. Dit is die ANC se konferensie en nié die van die media nie.

"Die konferensie word nie deur die media bestuur nie".

Op 'n vraag of die kwessie van geldigheid van die konferensiegangers nie al teen die tyd uitgesorteer moes gewees het nie, sê Maine dit gaan nie oor die hofuitsprake wat hieroor gemaak is nie, maar oor watter konferensiegangers nie sal kan stem nie (juis weens die hofuitsprake).

Maine sê ook dit is 'n voorlopige program wat nou voor die ANC is, die program is nog nie amptelik nie.

Die program is ook nie 'n kwessie vir die media nie, maar 'n kwessie van die ANC se konferensie. So volgens Maine is die program nie laat nie, want daar is nog nie 'n amptelike program deur die afgevaardigdes aanvaar nie.

Maine sê ook verder afgevaardigdes is nie ontstel nie, dit is ook 'n aanname wat die media maak.

2017-12-17 09:29:28

2017-12-17 09:16:03

Een van die vrae wat die ANC vanoggend op antwoord, is of afgevaardigdes moet stem soos wat in hul takke en streke ooreengekom is.

Die antwoord is nee.

Afgevaardigdes kan mekaar nog by die konferensie oortuig of probeer oortuig om vir 'n bepaalde kandidaat te stem en afgevaardigdes mag hul stem verander teenoor wat hulle aan hul ANC-lede in die onderskeie takke landwyd beloof het.

2017-12-17 08:47:32

Program vir Dag 2:

- Ontbyt met Rob Davies, minister van handel en nywerheid.

- Die eerste belangrike sessie, wat geslote is vir die media, word vanoggend gehou. In dié sessie word die kwessie van afgevaardigdes se stemreg vir die leierskap, die aanvaarding van die program van die konferensie asook enige veranderinge aan die grondwet van die ANC bespreek.

- 'n Ope sessie volg hierna waar die nominasies vir die leierskap gedoen word.

- Verdere geslote sessies word later in die dag gehou waar die ANC se finansies onder meer bespreek word.

- Teen laatmiddag sal pres. Jacob Zuma, vergesel van die media, 'n bietjie rondstap by Nasrec.

(Die konferensie is een dag aan die gang en reeds een dag agter skedule - spesifieke tye van hoe laat die verskillende items op die program sal plaasvind, is nie moontlik nie).

SPELETJIES VANDAG

CTA