Wie is die topkandidate?

Wie is die topkandidate?

Al nege provinsies het reeds hul voorkeurkandidate bekend gemaak.

In dié stadium is adj.pres. Cyril Ramaphosa en dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, ANC-LP en uitgetrede hoof van die Afrika-Unie, die twee voorlopers in die stryd om die leierskap by pres. Jacob Zuma oor te neem. Ramaphosa het die steun van 1 859 takke ontvang en Dlamini-Zuma van 1 330. In Mpumalanga het die meeste takke egter vir "eenheid" van die ANC in plaas van een van dié twee kandidate gestem.

Hoe lyk die provinsies se steun?

1. KwaZulu-Natal - Dlamini-Zuma (454), Ramaphosa (191)

2. Mpumalanga - Dlamini- Zuma (123), Ramaphosa (117) "Eenheid" (223)

3. Oos-Kaap - Ramaphosa (423), Dlamini-Zuma (61)

4. Limpopo - Ramaphosa (391), Dlamini-Zuma (104)

5. Noordwes - Dlamini-Zuma (291), Ramaphosa (44)

6. Gauteng - Ramaphosa (374), Dlamini-Zuma (64)

7. Vrystaat - Dlamini-Zuma (209), Ramaphosa (44)

8. Noord-Kaap - Ramaphosa (154), Dlamini-Zuma (11)

9. Wes-Kaap - Ramaphosa (121), Dlamini-Zuma (13)

Vir wie steun die ANC se drie ligas (wat elk die nasionale verkiesings as 'n provinsie sal bywoon)?

Die ANC se vroue- en jeugliga het in die openbaar hul steun agter Dlamini-Zuma ingewerp. Dit is egter nie 'n uitgemaakte saak dat alle afgevaardigdes van die twee ligas vir Dlamini-Zuma sal stem nie omdat die stemmery in die geheim plaasvind en Ramaphosa vroeër ook steun van lede van die vroue- en die jeugliga op saamtrekke in die verskillende provinsies gekry het.

Dit is onduidelik vir wie die ANC-veterane sal steun omdat die Umkhonto weSizwe Militere Veterane-vereniging aan die een kant stoere Dlamini-Zuma- ondersteuners is, terwyl ander struggle-veterane openlik gekant is teen haar.

Wie is Ramaphosa en Dlamini-Zuma se kandidate vir die ANC se topleierskap?

Cyril Ramaphosa:

  • Adjunkpresident: Naledi Pandor, minister van wetenskap en tegnologie
  • Voorsitter: Gwede Mantashe, huidige sekretaris-generaal
  • Sekretaris-generaal: Senzo Mchunu, voormalige premier en ANC-voorsitter in KwaZulu-Natal
  • Tesourier-generaal: Paul Mashatile, ANC-voorsitter in Gauteng en LUR

Nkosazana Dlamini-Zuma:

  • Adjunkpresident: David Mabuza, premier en ANC-voorsitter in Mpumalanga
  • Voorsitter: Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur
  • Sekretaris-generaal: Ace Magashule, premier en voorsitter in die Vrystaat
  • Tesourier-generaal: Maite Nkoana-Mashabane, minister van internasionale betrekkinge en samewerking

* NB: Nie een van die twee het kandidate vir die posisie van adjunk-sekretaris-generaal bekend gemaak nie.

Philda Essop en Llewellyn Prince

SPELETJIES VANDAG

CTA