Covid-19

NDZ lig sluier oor verslapping van Covid-regulasies

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Geen meer maskers buitenshuis nie en sportstadions wat dalk 50% vol mag wees.

Dit is van die vooruitsigte vir die verslapping van inperkingsregulasies waaroor dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, minister van samewerkende regering en tradisionele sake, Donderdag die sluier effens gelig het.

eNCA het berig sy het kort voor samesprekings met die Huis van Tradisionele en Khoi-San-leiers gesê voorstelle van die departement van gesondheid wat tans op die tafel is, sluit in dat maskers nie meer buite gedra hoef te word nie, maar steeds in openbare binnenshuise ruimtes verpligtend sal wees.

Nog 'n voorstel is dat venues 50% vol mag wees.

"Dit beteken dat 'n venue wat 10 000 mense kan inneem, nou 5 000 mense sal mag akkommodeer, mits hulle ingeënt is," het sy gesê.

Tans word byeenkomste beperk tot 2 000 mense buitenshuis en 750 mense binnenshuis.

Die departement stel volgens haar ook voor dat die afstand wat mense van mekaar moet handhaaf tot 1 m beperk word pleks van die 1,5 m tans.

"Die was en ontsmetting van hande is iets wat ons eenvoudig vir ewig moet doen, want dit is net goeie gesondheidshigiëne," het Dlamini-Zuma gesê.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM