Covid-19

Omikron se subvariant minder dodelik

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die Amerikaanse nasionale agentskap vir openbare gesondheid het Maandag gesê dat die BA.2-subvariant van Omikron na raming byna drie uit elke vier koronavirus-variante in die land uitmaak.

Die koronavirusgevalle in Amerika het skerp gedaal nadat dit in Januarie rekordvlakke bereik het. 'n Toename in gevalle in dele van Asië en Europa het wel kommer laat ontstaan dat nog 'n vlaag moontlik in Amerika kan volg. Gesondheidskenners meen egter dit is onwaarskynlik dat dit sal gebeur.

Op 1 April was die sewedaagse gemiddeld van koronavirusgevalle in Amerika 26 106 teenoor die vorige week se 26 309. Dit is volgens data van die Amerikaanse sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (CDC).

Die hoogs aansteeklike BA.2-subvariant is verantwoordelik vir 72,2% van die koronavirusvariantgevalle in Amerika en 86% van alle gevalle wêreldwyd, sê die Wêreldgesondheidsorganisasie. Dit is meer aansteeklik as die ander variante, maar dit lei nie tot ernstige siekte nie.

Amerika het verlede week 'n tweede opvolgdosis van Pfizer/BioNtech en Moderna se koronavirusentstof vir mense ouer as 50 jaar goedgekeur, asook vir jonger mense met 'n swak immuunstelsel. - Reuters

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM