Raad moet dringend vergader, laaste inperkings ophef – Winde

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Alan Winde Foto: Malherbe Nienaber
Alan Winde Foto: Malherbe Nienaber

Die Wes-Kaapse premier het versoek dat die presidensiële koördinerende raad dringend vergader om van die "laaste oorblywende inperkings" weens Covid-19 ontslae te raak.

Alan Winde het Donderdag gesê die data oor die provinsie toon duidelik dat die vlak van infeksies nie meer regstreeks aan Covid-19-hospitalisasies en -sterftes gekoppel is nie, en dat die suurstofgebruik in die hospitale laag bly.

Hy sê die provinsie se stelsel van snellers vir die monitering van infeksies, hospitalisasies en sterftes het ondanks die onlangse styging in Covid-19-gevalle steeds op die eerste vlak gebly.

"Wat selfs meer opmerklik is, is dat dit tans die geval is

selfs al het ons reeds die piek van die jongste oplewing van Covid-19 verbygesteek, en volgens alle aanduidings begin ons 'n afname in gevalle sien."

Winde het in 'n verklaring daarop gewys dat die land terselfdertyd rekordhoë werkloosheidsyfers ondervind en negatief deur beurtkrag en inflasie geraak word.

"Die groot petrolprysverhoging dié week is 'n ernstige waarskuwing aan ons almal. Waarom word ons land se skokkende werkloosheidskoers nie met dieselfde dringendheid beskou as wat ons gewys het met Covid-19 dié tyd twee jaar gelede nie?"

Volgens Winde is dit om dié rede dat hy vra dat die oorblywende inperkings so gou moontlik opgeskort word.

Dit sal onder meer behels dat die vereiste om maskers te dra en beperkings op byeenkomste tot 'n einde kom.

Pres.Cyril Ramaphosa Foto: GCIS
Pres.Cyril Ramaphosa Foto: GCIS

Hy noem onder meer dat die daaglikse gemiddeld van gevalle die afgelope week gedaal het en op 804 staan,

die persentasie positiewe toetse het met tien persentasiepunte gedaal tot 31% en hospitalisasies het tot 52 per dag vanaf 64 twee weke gelede afgeneem.

Dr. Nomafrench Mbombo, LUR vir gesondheid, sê die afnames dui daarop dat 'n ernstige vyfde vlaag afgeweer is.

Sy sê dit wys dat inentings en bestaande immuniteit help om gevalle, hospitalisasies en sterftes uit te skakel, wat dit moontlik maak om die ekonomie veilig te heropen.

Mireille Wenger, LUR vir finansies en ekonomiese geleenthede, het benadruk dat dit tyd is om die ekonomie ten volle te heropen, wat insluit dat byeenkomste soos gewoon kan voortgaan.

Sy sê dit is noodsaaklik dat die werkgeleenthede herwin word wat tydens die pandemie verloor gegaan het deur werkskepping te vergemaklik vir die private sektor, beleggings te lok en struikelblokke in die handel uit die weg te ruim.

SPELETJIES VANDAG

CTA