Pres. Cyril Ramaphosa en sy kabinet is bekommerd oor die skerp styging in die getal nuwe koronavirus-gevalle in sekere dele van die land.
Hulle versoek Suid-Afrikaners daarom om alles moontlik te doen om hulself teen die virus te beskerm deur onder meer aan te hou om inenting as hul eerste verdedigingslinie te kies, veral soos die winter naderkom.
Mondli Gungubele, minister in die presidensie, het dit Donderdagoggend gesê toe hy besluite van Woensdag se kabinetsvergadering in Pretoria bekend gemaak het.
"Onlangse statistieke wys dat ons 'n mylpaal bereik het van meer as 50% van volwassenes wat in vyf provinsies ingeënt is. Die kabinet versoek diegene wat nog nie ingeënt is nie om dit te doen om hulself te beskerm," sê hy.
"Ons moet ook aanhou om aan alle Covid-19-voorkomingsmaatreëls te voldoen, wat die dra van 'n masker insluit wat die mond sowel as neus beskerm, asook die ontsmetting van hande met seep of ontsmettingsmiddels en die handhawing van gesonde afstande van minstens 1 m."
*Volg Netwerk24 vir meer hieroor.


















