Die Vrystaat het Donderdag laataand bevestig 'n tweede persoon in die provinsie is aan cholera oorlede, wat die totale getal sterftes op 32 te staan bring.
Die sterftesyfer weens die cholera-uitbreking in die land het Donderdag op 31 gestaan.
Luidens 'n verklaring deur die provinsiale gesondheidsdepartement het die oorledene in Parys gewoon.
Die 42-jarige vrou is by Boitumelo-hospitaal in Kroonstad opgeneem, waar sy gesterf het.
Laboratoriumtoetse het bevestig sy is aan cholera dood.
"Die departement raai die publiek aan om inligting oor die oorsake van dood te glo wat deur laboratoriumtoetse bevestig word en nie menings wat nie wetenskaplik deur feite ondersteun word nie."
Die departement moedig almal aan om hul hande te was en water te kook voordat hulle dit drink.
Die departement vra enigiemand met geringe simptome van diarree moet dadelik na 'n gesondheidsgerief gaan.
Die nasionale departement van gesondheid het Donderdag in 'n verklaring gesê die totale getal sterftes staan op 31 met 29 in Gauteng, toe een in die Vrystaat en een in Mpumalanga.



















