Hof

Varkhok-moorde: Verhoor wéér uitgestel

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Zacharia Johannes Olivier (60) en William Musora (35) het Maandag vlugtig in die hooggeregshof in Polokwane verskyn.
Zacharia Johannes Olivier (60) en William Musora (35) het Maandag vlugtig in die hooggeregshof in Polokwane verskyn. (Foto: Marietie Louw-Carstens)

Die verhoor van twee mans van Polokwane wat twee vroue glo vermoor en in ’n varkhok gegooi het, is Maandag vir die soveelste keer uitgestel.

Zacharia Johannes Olivier (60) en William Musora (35) het vlugtig in die hooggeregshof in Polokwane verskyn.

Hulle is aangekla weens die moorde op Maria Makgatho (45) en Lucia Ndlovu (35).

Die twee vroue se oorskot is in Augustus verlede jaar op ’n plaas buite Polokwane gekry.

Die verhoor sal na verwagting later vandeesweek begin.

* Hou Netwerk24 dop vir meer inligting.

– marietie.louw@media24.com

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM