Nuus

Varkhok-moorde | Verhoor begin

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Zacharia Johannes (Sakkie) Olivier (60) praat Dinsdag met adv. JJ Venter, sy regsverteenwoordiger, in die hooggeregshof in Polokwane.
Zacharia Johannes (Sakkie) Olivier (60) praat Dinsdag met adv. JJ Venter, sy regsverteenwoordiger, in die hooggeregshof in Polokwane. (Foto: Marietie Louw-Carstens)

Die man van Polokwane en ‘n Zimbabwiër wat aangekla is weens die moord op twee vroue wie se oorskot in ’n varkhok gevind is, se verhoor het Dinsdag in die hooggeregshof in die stad begin.

Zacharia Johannes (Sakkie) Olivier (60) en William Musora (40) het glo op 17 Augustus 2024 Maria Makgatho (45) en Lucia Ndlovu (35) doodgeskiet en toe glo hul oorskot in ‘n varkhok gegooi op ‘n plaas langs die R81 buite Polokwane.

Adv. George Sekhukhune, staatsaanklaer, het aan die hof gesê volgens die staat is die moorde vooraf beplan. Olivier staan tereg op twee aanklagte van moord met voorbedagte rade, ‘n aanklag van poging tot moord, dwarsboming van die gereg, die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie, sowel as dat hy ‘n onwettige immigrant (Musora) in diens geneem het.

KYK | Zacharia Johannes Olivier (60) wat aangekla is weens die moorde op twee vroue (mandisa.maphisa@media24.com)

Olivier het onskuldig gepleit op die twee aanklagte van moord, poging tot moord, dwarsboming van die gereg en dat hy ’n onwettige immigrant in diens geneem het. Hy het skuldig gepleit op die aanklagte van die onwettige besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Musora het onskuldig gepleit op al die aanklagte teen hom.

Die verhoor duur voort.

* Hou Netwerk24 dop vir meer hieroor.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM