8 van Guptas se ondernemings in sakeredding

Die Gupta-sakeryk is besig om te verkrummel met agt van dié familie en Duduzane Zuma se ondernemings wat vandeesweek in sakeredding geplaas is.

Só het Ben Theron, bedryfshoof van Outa (Organisation Undoing Tax Abuse), Vrydag gesê.

Theron het gesê "dit is net 'n kwessie van tyd" voordat die Gupta's en Zuma jr. vasgetrek word.

As hulle in Dubai is, is hulle so te sê gevangenes omdat hulle nie uit dié land sal kan padgee sonder om in hegtenis geneem te word nie. "Hulle besef waarskynlik teen dié tyd dat die wêreld se oë op hulle is," sê Theron.

Ons glo die sakeryk is opgebou met geld wat van ons regering gesteel is en daarom word belasting nou verhoog in 'n poging om die land se balansstaat te help klop.

Outa het in 'n verklaring gesê Optimum Coal, Optimum Coal Terminal, Tegeta Exploration and Resources, Koornfontein Mines, Shiva Uranium, Islandsite Investments One Hundred and Eighty, Confident Concepts en VR Laser Services is almal in sakeredding geplaas.

Netwerk24 verneem vertroulik dat die Guptas en Zuma jr. self die maatskappye in sakeredding geplaas het sodat geen eise daarteen ingestel kan word nie.

'n Krediteur aan wie die Guptas etlike miljoene skuld, gaan binnekort 'n aansoek in die hooggeregshof bring dat die sakeredding ter syde gestel word.

Outa het gesê die myne vorm die kern van die Gupta-sakeryk.

"Ons glo die sakeryk is opgebou met geld wat van ons regering gesteel is en daarom word belasting nou verhoog in 'n poging om die land se balansstaat te help klop."

Islandsite en Confident Concepts besit die Gupta-herehuis in Saxonworld en Mzwanele Manyi se televisie-en-koerantkantore. Confident Concepts besit ook Zuma jr. se Porsche.

Manyi kan dus baie binnekort sonder 'n gebou wees vir sy ondernemings, het Outa gesê.

Outa het gesê hy hoop die sakereddingspraktisyns slaag daarin om die myne oop te hou sodat mense hul werk kan behou en salarisse kan verdien.

"Diegene wat betrokke is by staatskaping moet tronk toe gaan. Hulle steel nie net belastingbetalers se geld nie, maar ruïneer ook die lewe van onskuldige mense.

"Die regering moet die situasie regruk omdat hy geïmpliseer word by staatskaping. Eskom en die departement van minerale bronne word in die besonder uitgesonder as medewerkers."

Outa wys daarop dat al die maatskappye op 20 Februarie aansoek gedoen het om sakeredding.

Outa sê dié nieregeringsorganisasie het dokumente in sy besit wat wys Islandsite en Confident Concepts besit 25 eiendomme wat teen R173 miljoen aangekoop is.

Dit lyk of dié eiendomme die gebou insluit waar Sahara Computers, ANN7 en The New Age gehuisves word.

Manyi kan dus baie binnekort sonder 'n gebou wees vir sy ondernemings, het Outa gesê.

SPELETJIES VANDAG

CTA