Die parlementêre portefeuljekomitee oor kommunikasie se ondersoek na die SAUK, wat vandag sou begin, is Dinsdag onbepaald uitgestel.
"Die ondersoek, wat vir Dinsdag geskeduleer was, is uitgestel om die kennisgewing van die ondersoek, name van getuies en ander logistiek af te handel," het Humphrey Maxegwana, voorsitter, gister ná 'n geslote vergadering van die komitee in 'n verklaring gesê.
"Besonderhede oor die nuwe datum sal op 'n gepaste tyd oorgedra word."
Na verneem word, het die parlement se regsdienste aan die oorblywende vier nie-uitvoerende SAUK-raadslede - prof. Obert Maguvhe (voorsitter), Leah Khumalo (adjunkvoorsitter), Nomvuyo Mhlakaza, en dr. Ndivhoniswani Tshidzumba - geskryf om hulle te versoek om teen 17 Oktober te bedank.
Blykbaar het die drie teruggeskryf en geweier om te bedank, terwyl Khumalo nie teen die spertyd teruggeskryf het nie. - Jan Gerber
















