Pres. Joe Biden van Amerika is op die herstelpad nadat hy Donderdag positief getoets is vir die koronavirus.
Die 17 mense wat in nabye kontak met Biden was, is almal tot dusver negatief getoets, aldus die Withuis se Covid-koördineerder, Ashish Jha.
Biden (79) het glo matige Covid-19-simptome getoon en volgens Jha het hy 'n lugweginfeksie.
"Ek het gister met hom (Biden) en sy span gepraat. Hy voel goed. Hy het gister 'n goeie dag gehad," het Jha gister gesê.
Die Withuis het Donderdag 'n video uitgereik waarin Biden Amerikaners verseker dat hy steeds in staat is om sy werk te doen. Biden het ook Vrydag virtuele vergaderings van Withuis-personeel bygewoon.
Die Withuis het nog nie bekend gemaak by wie of waar Biden moontlik aangesteek het nie. Hy het onlangs teruggekeer van 'n besoek aan die Midde-Ooste, waar hy in die openbaar was en saam met groot skares mense verkeer het. - Reuters



















