Internasionaal

KYK | Knal laat Ohio regop sit

Die knal van ’n meteoor het inwoners in die noorde van die Amerikaanse deelstaat Ohio Dinsdag groot laat skrik. Die meteoroïed van 7 ton met ’n buitedeursnee van amper 2 m het teen byna 65 000 km/h bo Lake Erie deur die lug getrek en 55 km verder uitmekaargespat. Ooggetuies het die vuurbal om 08:57 in 11 Amerikaanse deelstate gesien en volgens Nasa het ’n meteoriet in die Medina-distrik in Ohio neergestort. Die weerdiens in Cleveland het bevestig die knal was ’n meteoor wat teen supersoniese spoed deur die atmosfeer gebars het.

KYK | Knal laat Ohio regop sit Die knal van ’n meteoor het inwoners in die noorde van die Amerikaanse deelstaat Ohio Dinsdag groot laat skrik. Die meteoroïed van 7 ton met ’n buitedeursnee van amper 2 m het teen byna 65 000 km/h bo Lake Erie deur die lug getrek en 55 km verder uitmekaargespat. Ooggetuies het die vuurbal om 08:57 in 11 Amerikaanse deelstate gesien en volgens Nasa het ’n meteoriet in die Medina-distrik in Ohio neergestort. Die weerdiens in Cleveland het bevestig die knal was ’n meteoor wat teen supersoniese spoed deur die atmosfeer gebars het. (kevin.basterman@media24.com)
CTA