Alan Arkin, die veelsydige en veelbekroonde Amerikaanse akteur wat goed gevaar het in sowel komiese as dramatiese rolle en wat 'n Oscar gewen het vir sy spel in die tragi-komiese 2006-rolprent Little Miss Sunshine, het Donderdag op 89 gesterf.
Arkin se afsterwe in sy huis in Carlsbad, Kalifornië, is deur sy familie bekend gemaak.
Reuters berig Arkin se seuns, Adam, Matthew en Anthony, het in 'n gesamentlike verklaring Vrydag gesê: "Ons pa was 'n unieke talentvolle natuurkrag, beide as 'n kunstenaar en as man. Hy was 'n liefdevolle eggenoot, pa, oupa en oupagrootjie en sal geweldig gemis word."
Volgens Wikipedia is Alan Wolf Arkin op 26 Maart 1934 gebore.Hy was 'n veelbekroonde Amerikaanse akteur, vervaardiger en draaiboekskrywer.In sy loopbaan wat oor sewe dekades gestrek het, het hy verskeie pryse gewen, onder meer 'n Oscar, 'n Britse Akademie-, Golden Globe- en Tony-prys.Vir sy werk op TV het hy ses Primetime Emmy-benoemings ontvang.Paul Glynn, vermaaklikheidsverslaggewer van die BBC, berig Arkin, wat ook 'n Bafta-prys vir sy rol in Little Miss Sunshine gewen het, sal diep gemis word.Arkin het onder meer ook verskyn in Ben Affleck se Oscar-bekroonde Argo.Arkin se stem is gebruik vir die rol van JD Salinger in Netflix se animasie-reeks BoJack Horseman, van 2015 tot 2016, berig die BBC.

Paul Reiser, sy medester in 'n ander onlangse Netflix-reeks, The Kominsky Method, het op die nuus van Arkin se dood gereageer met die twiet dat " 'n wêreld sonder Alan Arkin nie so aangenaam sal wees nie"."Ek het die man liefgehad van die oomblik dat hy op die doek in The Russians Are Coming geskyn het," het hy getwiet."Ek was toe agt jaar oud."Deur hom te leer ken en om 'n lag uit hom te kon kry, was die hoogtepunt van my lewe. Rus sag, liewe vriend."Arkin het eenkeer 'n grap gemaak toe hy aan AP gesê het die lekker daarvan om 'n akteur te wees wat karakters uitbeeld, is dat hy nie sy klere hoef uit te trek vir 'n rol nie.Hy was nie 'n sekssimbool of superster nie, maar was omtrent nooit sonder werk nie en het in meer as 100 TV- en speelfilms opgetree, berig Al Jazeera.Al Jazeera berig sy handelsmerk was betroubaarheid en volslae oorgawe aan sy rolle, maak nie saak hoe vreemd dit was nie. Kykers het ook aanklank gevind by hom."Hy was goed of hy nou 'n Russiese duikbootoffisier wat sukkel om te kommunikeer met die ewe beangste Amerikaners in The Russians Are Coming gespeel het, of om uit te staan as 'n dwelmverslaafde vuilbek-oupa in Little Miss Sunshine."







