Internasionaal

VSA peper Isis-teikens in Sirië

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Pres. Donald Trump van Amerika en pres. Ahmed al-Sjaraa van Sirië op hul vergadering in die Withuis.
Donald Trump - Ahmed Shara meeting in Washington DC Pres. Donald Trump van Amerika en pres. Ahmed al-Sjaraa van Sirië op hul vergadering in die Withuis. (Foto: Getty Images/Anadolu)

Amerika het Saterdag lugaanvalle op talle teikens van Isis in Sirië uitgevoer nadat pres. Donald Trump sy goedkeuring daarvoor gegee het.

Die lugaanvalle, in samewerking met Amerikaanse koalisievennote, word gedoen as deel van ’n operasie wat in Desember begin het nadat twee Amerikaanse soldate en hul tolk in ’n lokval in Sirië dood is. Amerika het met behulp van die Siriese veiligheidsmagte die aanvalle uitgevoer.

“Die aanvalle vandag (Saterdag) het Isis oor Sirië heen geteiken,” lui ’n verklaring van die Amerikaanse sentrale beheersentrum (Centcom).

Geen inligting oor sterftes is deur Centcom verskaf nie en die Pentagon het ook geweier om meer inligting te gee.

Saterdag se aanvalle is deel van ’n operasie wat verlede maand van stapel gestuur is nadat Isis-militante twee Amerikaanse soldate en hul tolk op 13 Desember vermoor het. Sowat 1 000 Amerikaanse troepe is in Sirië gestasioneer.

Die Siriese regering is onder aanvoering van oudrebellemagte wat die bewind van pres. Basjar al-Assad se regering ná ’n 13 jaar lange burgeroorlog omvergewerp het.

Sirië werk sedert laat verlede jaar toe pres. Ahmed al-Sjaraa die Withuis besoek het, saam met ’n Amerikaans geleide koalisie teen Isis.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM