Mense

Bekende omroeper Darren Scott sterf

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Foto: Verskaf
Foto: Verskaf

Die omroeper Darren Scott is ná 'n kankerstryd oorlede. Hy het 'n jare lange stryd teen fase 4-melanoom gevoer.

Dit is Dinsdag bevestig dat die radioveteraan oorlede is, berig Jacaranda FM.

Huldeblyke aan Scott het Dinsdag op sosiale media ingestroom nadat die nuus van sy afsterwe vroeër die oggend bekend geword het.

Jacaranda FM berig Scott het die laaste paar maande van sy moeilike stryd teen kanker baie tyd in die hospitaal deurgebring.

LEES OOK | Darren Scott 'veg om sy lewe - vir sy kinders'

Hy is as 'n legende in die radiobedryf beskou en het by radiostasies soos Radio Bop, 5FM, East Coast Radio, en uiteindelik HOT 102.7FM gewerk.

Scott was ook 'n aanbieder by Jacaranda FM, waar hy die Just Plain Breakfast-program in die vroeë 2000's aangebied het.

Volgens HOT 102.7FM het Scott verlede jaar 40 jaar in die bedryf gevier en is hy in die Radio Awards se heldesaal ingehuldig.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM