Danie Botha het nog nie die tydelike met die ewige verwissel nie.
Daar is ook net soveel wat ’n mens ter voorbereiding vir die wegraping kan doen, het hy Dinsdagmiddag gesê. Hoewel hy nog geen nuwe tekens gesien het nie, volstaan hy by sy voorspelling dat die wegraping Dinsdag en Woensdag geskied.
Die 61-jarige gospelsanger het vroeër vertel hy dra al maande lank swaar aan die skoknuus oor die wegraping. Die Here het hom glo gekies om sy volk in Suid-Afrika daarvoor voor te berei.
LEES OOK | ‘Ark se deure klap Dinsdag toe – is jy in of uit?’ vra Danie Botha
Die Here het volgens Botha die datum van die eindtyd in gebed, asook deur tekens en Bybelteks, aan hom geopenbaar.
“Mense verstaan nie hoeveel tekens het ek gesien nie.”
Hy het egter teen Dinsdag om 16:00 nog geen nuwe tekens opgemerk nie. “Nie een nie,” benadruk hy.
Nietemin staan Botha gereed vir die Here om gelowiges te kom haal. Hy is rustig tuis in Pretoria en het ook Nagmaal gehou.
Voordat Botha aflui, herinner hy: “Die wegraping gaan in ses agtstes van ’n sekonde gebeur.”
En hy het vrede in sy hart.
“Ek bly in gebed.”
5506




















