Die legendariese Stellenbosse wynmaker en oud-Springbok Jan Boland Coetzee (80) se lewe word Sondag herdenk tydens ’n geleentheid by die Danie Craven-stadion in Stellenbosch.
Die rugbyveld is waar hy op sy gelukkigste was, so dit maak sin om iets daar te doen, sê sy seun, Hendrik Coetzee.
Coetzee is op 12 September in sy Stellenbosch-huis oorlede nadat hy ’n kort rukkie siek was.
Van Coetzee se vriende sal na verwagting stories vertel oor hom en hoe hulle hom sal onthou. Die dag se aktiwiteite sal wentel om vriendskap en stories deel.




















