Operasie Floreer: 1ste verdagte in Kaap vasgetrek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Lede van die geïntegreerde mag wat deel is van Operasie Floreer (Operation Prosper), wat ’n verdagte in ’n stop-en-deursoekingsoperasie vasgetrek het.
Lede van die geïntegreerde mag wat deel is van Operasie Floreer (Operation Prosper), wat ’n verdagte in ’n stop-en-deursoekingsoperasie vasgetrek het. (Foto’s: Mandisa Maphisa en Maygene de Wee)

’n Man van Seawinds by Tafelsig is op heterdaad deur lede van Operasie Floreer (Operation Prosper) betrap met ’n plastieksakkie met vermoedelik heroïen-naalde in.

Die lede van die geïntegreerde mag wat aan Operasie Floreer deelneem, was op pad na twee huise in Cathedralsingel in Seawinds wat vermoedelik aan lede van die Fancy Boys-bende behoort, toe die man in ’n stop-en-deursoekingsoperasie vasgetrek is. ’n Bedrag kontant is ook by hom gevind. Die man is in hegtenis geneem en sal in die hof verskyn sodra hy aangekla is.

KYK | Operasie Prosper keer eerste verdagte in Kaap aan Die man is deur die polisie in hegtenis geneem nadat hulle hom gevang het met 'n sakkie met naalde met vermoedelik heroine in. (thapelo.mofokeng@media24.com)

Sowat 90 weermaglede is saam met die polisie en wetstoepassingsbeamptes in Mitchells Plain ontplooi as deel van Operasie Floreer om die polisie te help om veral bendegeweld en verwante aktiwiteite op die Kaapse Vlakte te bekamp.

Eienaars van die wonings is ‘afgetip’

‘n Jong vrou van Seawinds by Tafelsig in Mitchells Plain het Woensdag vir die polisie by die huis van ’n vermeende leiersfiguur in die Fancy Boys-bende gesê die R3 100 wat in haar besit gevind is, is haar inkomste uit haar minibustaxi-onderneming. Die geld is aan haar lyf gevind.

Die jong vrou van Seawinds by Tafelsig in Mitchells Plain.
Die jong vrou van Seawinds by Tafelsig in Mitchells Plain. (Foto: Mandisa Maphisa)

Die vrou het nadat sy gevra is vir bewyse vir die taxi-onderneming gesê dit is nie op haar naam geregistreer nie. Soldate wat deel is van die ontplooiing het die toegangsroetes na Cathedralstraat afgesper. Inwoners wat gevra het om nie genoem te word nie, het gesê die eienaars van die wonings is “afgetip” dat die weermag in die omgewing is.

* Volg Netwerk24 vir meer oor die storie.

KYK | Inwoners woedend ná weermag en polisie glo verkeerde huis deursoek (kevin.basterman@media24.com)

SPELETJIES VANDAG

CTA