Munisipaliteite

Totsiens, ‘Krekstraat’!

Op die hoek van CR Swart-rylaan in Kilnerpark, Pretoria, waar Wilkensonstraat Soutpansbergweg word, dui ’n padteken dat “Chruch Str” voorlê.
Op die hoek van CR Swart-rylaan in Kilnerpark, Pretoria, waar Wilkensonstraat Soutpansbergweg word, dui ’n padteken dat “Chruch Str” voorlê. (Foto: Deaan Vivier)

Die “Krekstraat”-padteken in die Moot sal eersdaags werklik iets van die verlede wees, sê die Tshwane-metro.

Op die hoek van CR Swart-rylaan in Kilnerpark, Pretoria, waar Wilkensonstraat Soutpansbergweg word, dui ’n padteken dat “Chruch Str” voorlê.

LEES OOK | Kerkstraat? Nee, dit is ‘Krekstraat!’

Benewens die onmisbare spelfout op die groen teken, is Kerkstraat al meer as ’n dekade gelede hernoem. Die straat, wat sowat 26 km ver strek, is in 2012 in vier verdeel met die name van bevrydingshelde: Stanza Bopape (oos), Helen Joseph (sentraal), WF Nkomo (wes) en Elias Motsoaledi.

Ry reguit om “Krekstraat” in Pretoria te bereik.
Ry reguit om “Krekstraat” in Pretoria te bereik. (Foto: Deaan Vivier)

LEES OOK | Kerkstraat-bom: ’n Harde knal wat tyd laat stilstaan

Lindela Mashigo, woordvoerder vir die Tshwane-metro, het Vrydag gesê die padteken sal vervang word. Hy het egter nie aangedui wanneer nie.

Hy kon nie sê of die teken al van voor die hernoeming 14 jaar gelede verkeerd is nie. “Die metro bevestig dat die padteken inderdaad verkeerd is en vervang sal word.”

– quinton.lourens@media24.com

CTA