Omgewing

Bewolkte Maandag vir die Kaap voorspel

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ter illustrasie.
Ter illustrasie. (Foto: Argief/Jaco Marais)

Die nasionale weerdiens voorspel bewolkte en gedeeltelik bewolkte weer vir Maandag in die Wes-Kaap.

In Kaapstad sal dit bewolk wees met ’n ligte wind wat deur die loop van die dag verwag word. Die minimum temperatuur is 15 °C en die maksimum 22 °C.

Vir George word mis in die oggend voorspel, andersins sal dit gedeeltelik bewolk wees met verspreide buie en donderbuie en ’n ligte wind. Die maksimum temperatuur is 24 °C.

Oggendmis word plek-plek in die provinsie voorspel, terwyl verspreide buie en donderbuie voorts oor die provinsie heen verwag word, behalwe in die weste.

Dit sal bewolk wees oor die Weskus met ’n ligte suidwestewind.

Koel tot warm temperature word Maandag oor die provinsie heen verwag.

Die weerdiens sê toestande wat kan lei tot die ontstaan van wegholveldbrande sal in die Laingsburg-munisipaliteit heers, sowel as oor die grootste deel van die Noord-Kaap, die suidweste van Noordwes, die Sentraal-Vrystaat en die Limpopovallei.

Reën word voorts Maandag oor die land heen verwag, afgesien van die westelike dele van die Wes-Kaap en die Noord-Kaap.

Die weerdiens het ’n geel vlak 4-waarskuwing uitgereik oor erge donderbuie in KwaZulu-Natal en dele van Mpumalanga.

Die weerdiens waarsku dat dié donderbuie met sterk wind wat skade kan veroorsaak, groot neerslae fyn haelkorrels, swaar reënval wat vloede kan veroorsaak en weerlig kan gepaardgaan.

christinet zaal

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM