Baie warm weer word tot Woensdag oor verskeie dele van die Wes-Kaap en enkele dele van die Oos-Kaap verwag.
Aan die Weskus kan die kwik Dinsdag en Woensdag tot net onder 40 °C styg.
Maandag word sonnige en winderige weer oor groot dele van die Wes-Kaap verwag.
Die kwik kan tot 36 °C styg in Vredendal en Redelinghuys, 35 °C in Clanwilliam en 34 °C in die Paarl en Malmesbury.
Vir Kaapstad word ’n maksimum temperatuur van 29 °C voorspel en ’n suidoostewind van 30 km/h.
Vir George word ’n maksimum temperatuur van 23 °C voorspel en ’n suidoostewind van 30 km/h.
In Hermanus kan die suidoostewind ’n spoed van 56 km/h bereik en in Plettenbergbaai 40 km/h, met ’n oostewind van 40 km/h in Kaap Agulhas.
In die Oos-Kaap word winderige en gedeeltelik bewolkte weer verwag,
Vir Gqeberha word ’n maksimum van 21 °C en ’n suidoostewind van 40 km/h voorspel.
In Port Alfred en Makhanda word ’n oostewind van 40 km/h verwag en in Joubertina en Fort Beaufort ’n suidoostewind van 40 km/h.
In Port St. Johns en Mthatha is daar ’n 30%-kans op reën die oggend.
Teen Dinsdag word sonnige weer oor die Wes-Kaap verwag, met maksimum temperature grootliks bo 25 °C.
In Vredendal en Redelinghuys kan die kwik tot 38 °C styg en in Clanwilliam tot 37 °C, met 35 °C in die Paarl en Malmesbury.
Vir Kaapstad word ’n maksimum temperatuur van 30 °C voorspel en ’n suidoostewind van 20 km/h. Vir George word ’n maksimum temperatuur van 25 °C voorspel.
In Hermanus kan die oostewind ’n spoed van 40 km/h bereik en in Kaap Agulhas word ’n oostewind van 30 km/h verwag.
In die Oos-Kaap word gedeeltelik bewolkte weer met maksimums onder 30 °C verwag.
Vir Gqeberha word ’n maksimum van 21 °C voorspel.
Woensdag word sonnige tot gedeeltelik bewolkte weer in die Wes-Kaap verwag.
Die kwik kan tot 39 °C styg in Vredendal en Redelinghuys, 38 °C in Clanwilliam, 37 °C in die Paarl, 36 °C in Malmesbury en 35 °C in Riversdal, Beaufort-Wes en Oudtshoorn.
Vir Kaapstad word ’n maksimum temperatuur van 33 °C voorspel en ’n suidewind van 20 km/h.
Vir George word ’n maksimum temperatuur van 27 °C voorspel.
In die Oos-Kaap word sonnige en warm tot baie warm weer verwag.
Vir Gqeberha word ’n maksimum van 23 °C voorspel.
Die kwik kan tot 33 °C styg in Fort Beaufort en Kariega styg.
Teen Donderdag word koeler en grootliks bewolkte weer oor die Wes-Kaap verwag met temperature om 30 °C en laer.
In die Oos-Kaap word sonnige tot bewolkte weer verwag met maksimums tussen 18 °C en 27 °C.
5506

















