WEERKAART | Die weer in jou streek Maandag

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
weer in jou streek
weer in jou streek (weer in jou streek)

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het ’n oranje vlak 9-waarskuwing uitgereik vir ernstige reënval met wydverspreide oorstromings, modderstortings, en moontlik lewensgevaarlike omstandighede vir gemeenskappe in die oostelike dele van die Mopani-distrik (Limpopo), die Bosbokrand-munisipaliteit (Mpumalanga) en die Collins Chabane-munisipaliteit (Limpopo).

Benewens die vlak 9-waarskuwing het die SAWD vir Maandag ’n oranje vlak 6-waarskuwing oor ontwrigtende reën uitgereik oor die platorand van Mpumalanga en Limpopo. Daar is ook ’n geel vlak 2-waarskuwing weens ontwrigtende reënval wat kan lei tot oorstromings in die oostelike dele van Mpumalanga en Limpopo en ’n geel vlak 2-waarskuwing oor erge donderstorms vergesel van swaar stortbuie, skadelike winde, oormatige weerlig en hael in die noordoostelike dele van KwaZulu-Natal.

Gauteng

Gedeeltelik bewolk en warm.

Pretoria: 14 °C tot 26 °C

Johannesburg: 16 °C tot 36 °C

Vereeniging: 16 °C tot 26 °C

Mpumalanga

Bewolk en koel tot warm met verspreide tot wydverspreide buie en donderbuie, maar geïsoleerd in die weste.

Mbombela: 18 °C tot 21 °C

eMalahleni: 17 °C tot 28 °C

Standerton: 15 °C tot 22 °C

Skukuza: 20 °C tot 26 °C

Limpopo

Bewolk en koel tot warm met verspreide tot wydverspreide buie en donderbuie, maar geïsoleerd in die weste.

Polokwane: 16 °C tot 24 °C

Tzaneen: 19 °C tot 24 °C

Musina: 21 °C tot 25 °C

Lephalale: 19 °C tot 22 °C

Mokopane: 17 °C tot 25 °C

Noordwes

Gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde donderbuie in die middag, behalwe in die ooste.

Potchefstroom: 16 °C tot 30 °C

Mahikeng: 18 °C tot 34 °C

Rustenburg: 18 °C tot 34 °C

Vryburg: 17 °C tot 35 °C

Vrystaat

Gedeeltelik bewolk en warm met geïsoleerde donderbuie in die middag, behalwe in die verre noordooste.

Bloemfontein: 18 °C tot 35 °C

Bethlehem: 13 °C tot 36 °C

Kroonstad: 16 °C tot 32 °C

Ficksburg: 14 °C tot 37 °C

Noord-Kaap

Bewolk met oggend-miskolle langs die kus, waar dit warm sal wees, andersins mooiweer en warm tot baie warm, maar gedeeltelik bewolk in die ooste met geïsoleerde donderbuie in die middag.

Upington: 25 °C tot 41 °C

Kimberley: 21 °C tot 37 °C

Alexanderbaai: 19 °C tot 38 °C

Sutherland: 14 °C tot 27 °C

Wes-Kaap

Bewolk en warm langs die kusgebiede met mis langs die Weskus en motreën langs die suidkus in die oggend. Andersins mooi weer en warm tot baie warm, maar bloedig warm oor die noordoostelike binneland.

Kaapstad: 20 °C tot 28 °C

Vredendal: 16 °C tot 32 °C

George: 19 °C tot 26 °C

Worcester: 19 °C tot 32 °C

Beaufort-Wes: 23 °C tot 40 °C

Oos-Kaap

In die westelike deel van die Oos-Kaap is daar aanvanklik miskolle langs die kus, andersins mooi weer en warm tot baie warm, wat gedeeltelik bewolk word in die middag.

In die oostelike deel van die Oos-Kaap is daar aanvanklik miskolle langs die kus en aangrensende binneland, andersins mooi weer en warm tot baie warm, wat gedeeltelik bewolk word in die middag met geïsoleerde donderbuie oor die oostelike binneland.

Gqeberha: 19 °C tot 28 °C

Graaff-Reinet: 17 °C tot 40 °C

Oos-Londen: 21 °C tot 30 °C

Port St. Johns: 21 °C tot 40 °C

Mthatha: 16 °C tot 30 °C

KwaZulu-Natal

Oggendmiskolle op plekke oor die binneland, andersins gedeeltelik bewolk tot bewolk en warm met geïsoleerde buie en donderbuie, maar verspreid in die noordooste.

Durban: 22 °C tot 38 °C

Richardsbaai: 22 °C tot 30 °C

Pietermaritzburg: 16 °C tot 30 °C

uMnambithi (Ladysmith): 15 °C tot 31 °C

SPELETJIES VANDAG

CTA