Wes-Kaap se damvlakke daal steeds

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die Voëlvleidam tussen Gouda en Hermon in die Wes-Kaap. Dit is een van die ses groot damme wat water aan Kaapstad verskaf.
Die Voëlvleidam tussen Gouda en Hermon in die Wes-Kaap. Dit is een van die ses groot damme wat water aan Kaapstad verskaf. (Foto: Samuel Walters)

Die Wes-Kaap se damvlakke bly daal met die gemiddelde damvlak in die provinsie wat teen Maandag 55,97% was teenoor 58,05% verlede week. Verlede jaar rondom dieselfde tyd was die gemiddelde damvlak 78,35%.

Kaapstad se gemiddelde damvlakke het ook verder gedaal van verlede week af waar dit op 65,96% gestaan het tot 63,66% vandeesweek waar dit verlede jaar dié tyd 83,20% was.

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens voorspel baie warm tot uitermatig warm en ongemaklike toestande van Dinsdag tot Woensdag aan die Weskus en in die suidwestelike dele van die Kaapse Wynland.

Woensdag gaan die kwik styg op plekke soos Vredendal, wat ’n maksimum temperatuur van 39 °C kan verwag, asook in die Paarl met 38 °C en Clanwilliam met 37 °C.

Donderdag is daar ’n 30%-kans op reën in Hermanus, Grabouw, Kaap Agulhas, Riversdal, Mosselbaai, George en Plettenbergbaai.

Vrydag is daar ook ’n 30%-kans op reën in Riversdal, Mosselbaai, George en Plettenbergbaai.

Die vlak van die Theewaterskloofdam, die grootste opgaardam in die provinsie, het die afgelope week van 61% tot 58,79% gedaal vergeleke met 83,2% ’n jaar gelede.

Die vlakke van ander damme wat water aan Kaapstad verskaf:

• Benede-Steenbrasdam: 60,15% (62,7% verlede week);

• Bo-Steenbrasdam: 81,67% (85,8%);

• Voëlvleidam: 72,46% (74,78%);

• Bergrivierdam: 65,34% (67,97%); en

• Wemmershoekdam: 71,43% (72,9%).

Die vlak van die Clanwilliamdam het van 55,8% tot 52,52% gedaal. ’n Jaar gelede was dit 76,27%.

Karoo

• Floriskraaldam naby Laingsburg: 20,76% (21,3% verlede week);

• Calitzdorpdam: 29,28% (32,2%);

• Leeu-Gamkadam: 2,02% (3,9%);

• Gamkadam naby Beaufort-Wes: 10,7% (12,7%);

• Gamkapoortdam naby Prins Albert: 2,46% (3%);

• Stompdriftdam naby Oudtshoorn: 25,46% (26,6%); en

• Kammanassiedam naby Oudtshoorn: 40,66% (42,4%).

Suid-Kaap

• Duivenhoksdam naby Heidelberg: 42,87% (41,1% verlede week);

• Korentepoortdam naby Riversdal: 38,42% (38,4%);

• Wolwedansdam naby Mosselbaai: 58,41% (58,7%); en

• Tuinroetedam by George: 45,36% (43,5%).

– karla.vandermerwe@media24.com

• Karla van der Merwe is ’n Netwerk24-beursjoernalis.

SPELETJIES VANDAG

CTA