Nuus

Reserwebank hou rentekoers onveranderd

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Vandeesweek se beter as verwagte inflasiesyfer was nie ’n voldoende verlaging om die Reserwebank se monetêrebeleidskomitee (MPC) te oortuig om rentekoerse te verlaag nie.

Lesetja Kganyago, president van die Reserwebank, het Donderdagmiddag aangekondig dat die repokoers onveranderd op 7% sal bly. Die prima leningskoers vir banke bly ook onveranderd op 10,25%.

Vier MPC-lede het gestem om die rentekoers onveranderd te hou, terwyl twee lede vir ’n verlaging van 25 basispunte gestem het.

* Volg Netwerk24 vir meer hieroor later.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM