Verkiesing 2021

Drama toe mense houer met stembriewe steel

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Gaan kiesers in vanjaar se plaaslike verkiesings die kans aangryp en plaaslike politiek in ’n nuwe rigting stuur? Foto: Gallo Images
Gaan kiesers in vanjaar se plaaslike verkiesings die kans aangryp en plaaslike politiek in ’n nuwe rigting stuur? Foto: Gallo Images

Hoogdrama het Maandagaand geheers toe gemeenskapslede van Calcutta naby die Kruger-wildtuin in die ooste van Mpumalanga 'n houer vol stembriewe gesteel het.

Lt.genl. Semakaleng Manamela, provinsiale polisiekommissaris, sê die diefstal het gebeur terwyl twee beamptes van die Verkiesingskommissie (OVK) en twee polisiebeamptes omstreeks 23:50 kartondose met stembriewe uit 'n stemlokaal verwyder en in motors gelaai het. Hulle is toe deur lede van die publiek voorgekeer.

"Gemeenskapslede het voor die hek van die lokaal, wat reeds toe was, gestaan en hulle ingewag. Die motors is aangeval en in die proses is 'n kartondoos vol stembriewe gesteel, asook 'n leë houer," sê Manamela in 'n verklaring.

Sy sê 'n saak is by die polisie aanhangig gemaak.

Dit is nie bekend wat die motief vir die diefstal was nie.

Die OVK het Dinsdag in 'n verklaring gesê dat die stembriewe wat vermis word reeds getel was toe dit gesteel is en dat die nodige bewyse daarvoor in amptenare se besit is.

Dit is nie duidelik of die stembriewe al teruggevind is. Die polisie het nie Dinsdag op verdere navrae oor die voorval gereageer nie.

Verskeie voorvalle van betogings oor die naweek sowel as Maandag by stempunte in Mpumalanga is aangemeld.

Manamela het die voorvalle veroordeel. Sy het die betrokke polisielede vir hul professionele

optrede deur die loop van die verkiesing bedank.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM