Verkiesing 2021

Inenting moet keuse bly – ACDP

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Ondersteuners van die ACDP het Woensdag langs Kaapweg in Gqeberha saamgetrek met plakkate wat onder meer lui dat inentings ’n keuse moet wees. Foto: Lulama Zenzile
Ondersteuners van die ACDP het Woensdag langs Kaapweg in Gqeberha saamgetrek met plakkate wat onder meer lui dat inentings ’n keuse moet wees. Foto: Lulama Zenzile

Inentingspaspoorte neem Suid-Afrika terug na die donker apartheidsera, voel die ACDP in Nelson Mandelabaai.

Hoewel die party nie teen Covid-19-inentings gekant is nie, sê hy mense se vryheid van keuse mag nie weggeneem word nie.

"In Nelson Mandelabaai sal ons nie toelaat dat mense gedwing word nie, dit moet 'n keuse bly," het Lance Grootboom, die party se burgemeesterskandidaat in die metro, aan Netwerk24 gesê.

Dié standpunt is deel van die party se verkiesingsveldtog, wat onder meer gemik is op die herbou van die metro.

Net soos die party sterk teen aborsies gekant is, moet mense die vryheid hê om 'n besluit in die saak te kan neem.

Grootboom sê die party sal die hof nader as mense hul werk verloor weens 'n beleid van verpligte inentings.

"Ons sal vir hulle hof toe gaan, want hul grondwetlike regte word geskend as hulle hul werk verloor of plekke verbied word omdat hulle nie ingeënt is nie."

Net soos die party sterk teen aborsies gekant is, sê Grootboom, moet mense die vryheid hê om 'n besluit in die saak te kan neem.

"Die ACDP is gebou op Bybelse beginsels en God sê vir ons voordat Hy jou in die moederskoot gevorm het, het Hy jou geken. Daarom verstaan ons dat aborsie moord is. Maar elkeen het sy eie wil en die reg om 'n besluit te neem. Ons wil net sien dat 'n vrou die kans gegee word om te verstaan en te sien wat in haar is om 'n ingeligte besluit te neem."

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM