Toe daar Maandagaand skielik nie krag was in Philippolis nie, het kiesers van dié Suid-Vrystaatse dorp verder by kerslig en met LED-ligte gestem.
Só het Mmathabo Rasengane, woordvoerder van die Verkiesingskommissie (OVK), aan Netwerk24 gesê.
Sy het ontken dat hulle nie met die verkiesing voortgegaan het totdat die stemlokale om 21:00 gesluit het nie.
"Ons het voorsiening gemaak vir sulke omstandighede en kerse aangekoop, asook LED-ligte. Die verkiesing gaan beslis voort," het sy gesê.






















