KOER vier vyf jaar en hul eie groot verlowing

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Jacques Engelbrecht, tegniese hoof en een van die stigterslede van die app, het nie net KOER gebou nie, maar ook liefde daarop gevind. Hy het onlangs vir Ashleigh Potterton gevra om te trou.
Jacques Engelbrecht, tegniese hoof en een van die stigterslede van die app, het nie net KOER gebou nie, maar ook liefde daarop gevind. Hy het onlangs vir Ashleigh Potterton gevra om te trou. (Foto: VERSKAF)

As jy ooit gewonder het of die Afrikaanse maatsoek-app KOER regtig werk, is daar nou ’n KOER-kys-storie wat dié vraag beantwoord en haar kansel toe sleep.

KOER het op 1 September vanjaar sy vyfde bestaansjaar gevier – vyf jaar van stories wat wissel tussen interkontinentale ontmoetings, eerste afsprake, romantiese kyse, groot liefdes en waarskynlik ’n paar “dis gekompliseerd” Facebook-plasings en “ghost”-stories.

Hoe sou die vier vriende wat die app geskep en die wêreld ingestuur het, kon weet dat een van hulle vyf jaar later ’n ware Koer-tot-kansel-verhaal sou leef?

Jacques Engelbrecht en Ashleigh Potterton het op die KOER-app ontmoet. Drie jaar later is die twee nou verloof.
Jacques Engelbrecht en Ashleigh Potterton het op die KOER-app ontmoet. Drie jaar later is die twee nou verloof. (Foto: Verskaf)

Jacques Engelbrecht, tegniese hoof en een van die stigterslede van die app, het nie net KOER gebou nie, maar ook self deur die Koerwoud geblaai. Daar het hy sy verloofde, Ashleigh Potterton, raakgesien en die KOER-knoppie gedruk. Drie jaar later en die twee is nou verloof. Dis die soort gebruikerservaring wat jy nie sommer kan opmaak nie.

Die KOER-app is oorspronklik deur vier vriende geskep:

  • Jacques Engelbrecht – die tegniese hoof en nou ook ’n bewys dat KOER meer as net ’n romantiese idee is.
  • Marteni Burger – hoof van kopie en kommunikasie, wat tans in Frankryk woon.
  • Armand Aucamp – akteur, entrepreneur en die operasionele hoof.
  • Dewald van Zyl – kreatiewe hoof wat sorg dat KOER nie net werk nie, maar ook altyd pronkwaardig is.

KOER is van die begin af gemik op Afrikaanssprekende enkellopendes wat na ware liefde soek.

’n Handvol jare later bewys Jacques en Ashleigh se verlowing dat die maatsoek-app nie net nog ’n swiep-swiep-hoera is nie, maar wel ’n plek waar ware liefdesverhale kan begin.

Of soos hulle grappenderwys sê: “Koer is uit liefde geskep en met ’n verlowing gekroon!”

Die blad se inhoud is verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

SPELETJIES VANDAG

CTA