Promosie

Medihelp onthul slim planverbeterings wat jou rande sal help rek

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Medihelp het onlangs drie planverbeterings aangekondig, asook ’n ledegeldverhoging van 10,8% op al sy planne vanaf 1 Januarie 2025.
Medihelp het onlangs drie planverbeterings aangekondig, asook ’n ledegeldverhoging van 10,8% op al sy planne vanaf 1 Januarie 2025.

https://zaf01.safelinks.protection.outlook.com/?url=https%3A%2F%2Fwww.medihelp.co.za%2Fhome%3FCampaign%3DMP24&data=05%7C02%7CDanielle.Daniels%40dieburger.com%7C977b4ad06efa4d8722fa08dcf73d2648%7C10dc7c9659764601882c9ac7c2870ecc%7C1%7C0%7C638657089200514206%7CUnknown%7CTWFpbGZsb3d8eyJWIjoiMC4wLjAwMDAiLCJQIjoiV2luMzIiLCJBTiI6Ik1haWwiLCJXVCI6Mn0%3D%7C0%7C%7C%7C&sdata=rDadlf8HIPc2LaXRIObyiaX5k5YmK2pGBnCoKCtzZ4w%3D&reserved=0

Die Medihelp Mediese Skema het drie planverbeterings aangekondig wat begroting-slim en finansieel gesonde Suid-Afrikaners sal bevoordeel. Die skema het ook tydens sy virtuele produkvoorskou op 1 Oktober 'n samewerkingstrategie bekendgestel wat beoog om gapingsdekking ("gap cover") en primêresorgprodukte te voorsien.

Varsha Vala, uitvoerende hoof van Medihelp, verduidelik: "Die verbeterings aan ons planne is op 'n diep begrip van ons bestaande en potensiële lede gegrond. MedMove!, ons digitaal-geaktiveerde plan vir studente en mense wat vir die eerste keer by 'n mediese fonds aansluit, bied nou dekking vir so min as R750 per maand aan studente. MedElect is saamgestel om aan die behoeftes van maatskappye, groot en klein, te voldoen. Die ouderdom om as kinderafhanklike te kwalifiseer, is van 21 na 26 jaar verhoog. En op MedSaver, ons plan vir jong gesinne, het ons die bedrag wat jy ontvang nadat jou spaarrekening uitgeput is, met 110% verhoog.

"Ons is ook opgewonde oor die Omnihelp-vennootskap, wat in kombinasie met Medihelp se produkte 'n volledige en aantreklike waardeaanbod sal bied. Dit is toegespits op omvattende sorg, bekostigbaarheid en vennootskapgedrewe innovasie. Die vennootskap sal 'n kritieke rol speel om ons lede se gesondheidsorgervarings te ondersteun, gesondheidsorg van gehalte vir meer mense toeganklik te maak, en die finansiële druk wat dikwels met privaat mediese sorg gepaard gaan, te verlig," vertel sy.

Medihelp het verder aangekondig dat daar vanaf 1 Januarie 2025 'n ledegeldverhoging van 10,8% op al sy planne sal wees, behalwe op MedMove!, waar studente minder as in 2024 sal betaal. "Ons verhoging is sensitief vir hoe dit ons lede se sakke raak. Die vinnige groei wat ons beleef en vorige jare se lae prysaanpassings het ons solvensiekoers onder druk geplaas, maar te danke aan ons ledeprofiel en risikobestuurstrategie, is ons, ons begrote koers vooruit."

Toekomsgerig

Medihelp gebruik die krag van tegnologie om verpersoonlikte interaksie te bied en lede te bemagtig. "Elke lid se persoonlike elektroniese verbruikersrekord stel ons in staat om vir kundige en persoonlik bestuurde sorg voorsiening te maak, faktore soos die nakoming van chroniese sorg te monitor, en onmiddellik van belangrike ingrypingspunte bewus te raak soos wat dit nodig word. Trouens, deur gebruik te maak van KI-gedrewe data-ontleding het tradisionele gevallebestuurders as't ware nou gesondheidsafrigters geword," sê Vala.

Dié skema sal ook 'n tuismoniteringsapp aan kwalifiserende lede beskikbaar stel. Die app gebruik baanbrekende tegnologie om lewenstekens te meet. Nog 'n digitale innovasie is die bekendstelling van digitale gesondheidskiosks by korporatiewe welstandsdae.

Podiumplek by Ask Afrika

"Maar niks kan die menslike inslag vervang nie. Ons podiumplek vir diens in die Ask Afrika Orange-indeks is 'n bewys dat ons deeglik bewus is daarvan," sê Vala.

Produkverbeterings

Medihelp se produkreeks vir 2025 bied omvattende, spaar- en basiese planne, insluitend:

  • MedElect: Hierdie plan is ideaal vir werkgewergroepe, met die fokus op die twee belangrikste aspekte vir hierdie marksegment - omvattende voordele teen 'n mededingende prys. As 'n waardetoegevoegde voordeel om die stygende koste van mediese skemas te bekamp en kliëntgesentreerdheid en waarde vir geld te demonstreer, het Medihelp die ouderdom vir kindervoordele van 21 na 26 verhoog. Die dag-tot-dag-limiet per begunstigde styg met 94%.
  • MedSaver: Lede sal R2 500 vir huisdokterbesoeke, spesialiste en medikasie ontvang sodra hul mediese spaarrekening uitgeput is - dit is 110% meer as wat dit tans per gesin is. Die jaarlikse dag-tot-dag-voordele per lid styg ook met 80%.
  • Op MedMove! sal studente vir so min as R750 per maand toegang hê tot gehalte-gesondheidsorg.
  • Limiete verhoog met 5%.

"Al hierdie veranderinge moet nog deur die Raad op Mediese Skemas goedgekeur word," sê Vala.

Daarbenewens sal Medihelp verpersoonlikte sorginisiatiewe bekendstel en 'n verbeterde lede-ervaring bied om lede in hul strewe na die beste gesondheidsuitkomste te ondersteun. Dit sluit in:

  • 'n Ouerskappad met toegang tot 'n digitale metgesel en digitale persoonlike assistent om nuwe ma's en pa's in die eerste fase van ouerskap te ondersteun.
  • 'n Toegewyde program vir lede met depressie om hulle binne en buite die hospitaal te ondersteun. Die dienste van 'n maatskaplike werker is nou ook by die voordeel ingesluit.
  • 'n Sorginisiatief vir lede wat uit die hospitaal ontslaan is. Dié aanbieding is 'n paar maande gelede bekendgestel, en tot dusver het Medihelp voorkombare heropnames in die hospitaal reeds met 15% besnoei. Deur dit te doen, is lede gehelp om meer as 2 500 produktiewe ure terug te kry.

"Ons lede is oorweldigend dankbaar vir die sorg en voordele wat hulle deur ons hospitaalnasorginisiatief ontvang," sê Vala.

Die skema het ook aangekondig dat hy in 2025 sy 120ste bestaansjaar vier. "Medihelp ondersteun Suid-Afrikaners al vir meer as 'n eeu lank met uitsonderlike mediesefondsdekking. Ons glo ons sukses spruit uit ons vermoë om by veranderende tye aan te pas. Dit lê ook in ons begeerte om ons ondervinding en insigte in te span om mediesefondsplanne en waardetoegevoegde inisiatiewe te ontwerp wat ons lede in staat stel om hul waardes uit te leef," sluit Vala af.

Meer oor Medihelp

Medihelp is een van die vyf grootste oop mediese skemas in Suid-Afrika, met meer as 119 jaar se ondervinding. Die skema neem self verantwoordelikheid vir die administrasie van sy ledebasis, wat bestaan uit individuele lede wat in alle dele van die land woon asook 'n portefeulje van korporatiewe kliënte.

Die blad is betaal en die inhoud verskaf deur die adverteerder. Netwerk24 aanvaar geen aanspreeklikheid vir die geadverteerde dienste of produk nie.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM