Lesers sê

Ongelukkig oor Medihelp

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Medihelp
Medihelp

Vandeesweek is my vriend, wat reeds 58 jaar lid is van Medihelp en tans aan 'n vorm van beenmurgkanker ly, meegedeel dat hy te oud is vir 'n middel wat beskikbaar is wat hom kan help.

Hy is in fase 1 van die siekte en is tans vir die tweede keer in ses weke gehospitaliseer om drie eenhede bloed te ontvang.

Die middel is duur, maar sal na my mening kort-kort se hospitalisasie en die gepaardgaande koste tot 'n groot mate voorkom. Hy sukkel reeds van middel Desember, direk ná die diagnose, om die nodige magtiging vir die gebruik van die middel te bekom.

Die onkoloog en hematoloog wat betrokke is, het albei hul motiverings ingedien, maar die proses word keer op keer deur Medihelp vertraag met verskonings soos personeel wat met verlof is.

Sulke gebeure het natuurlik nie net 'n effek op hom en sy vrou van bykans 53 jaar nie, maar ook op hul kinders en dié se kinders - dus die hele familie. Ek dink dit is uiters swak van die mediese fonds om hom só te behandel.

Hugo Van Niekerk, Montanapark

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM