Jaarliks word al die wonderlike vroue tydens Augustus gevier en hierdie Vrouemaand gaan Versnit hulde bring aan die wynbedryf se ystervroue.

Weekliks gaan kelders en wynplase spog met die vroue wat deel vorm van hul spanne en 'n bydrae tot die wynbedryf maak.
So, klink saam met ons by Versnit 'n glasie op hierdie vroue wat nie net die wyn in jou glas moontlik maak nie - hulle maak dit sommer ekstra lekker!
- As jy of jou kelder deel wil vorm van die veldtog, stuur gerus 'n e-pos aan sblom@media24.com vir meer inligting.
Geborg deur
Boland Kelder
Monique Coetzee, wynmaker by Boland Kelder in die Paarl,weet hoe om wetenskap en kuns saam te vleg - letterlik! Met 'nkunstenaarsfamilie, is haar kreatiwiteit reeds van kindsbeen af vertroetel. Sygebruik wyn en koffie, wat soortgelyk is aan haar gunsteling-waterverf-medium,om haar besonderse skilderye te verf. Grafiese ontwerp is nog een van haar veletalente.

Monique meen vroue het 'n natuurlike aanleg vir kuns enwynmaak. "Wyn, net soos kuns, is 'n sensoriese ervaring. Vroue is meer invoeling met hul sintuie, en daarom dink ek ons hoef nie 'n tree terug te staanvir ons manlike kollegas in die bedryf nie."
As 'n wynmaker geniet sy die veelsydigheid van chenin blanc,en Boland-kelder se One Formation-versnit is een van haar gunstelinge. Sy isnou betrokke by die kelder se The Bee Effect-inisiatief, wat geld insamel virdie Boland Trees for Bees-fonds wat bome plant vir die volhoubare habitat vanbye.
Boland-kelder is geleë op die Windmeul-pad in Noorder-Paarl.Vir meer inligting, besoek www.bolandcellar.co.za.
Tanzanite Cap Classique
Melanie van der Merwe, eienaar en wynmaker van TanzaniteCapClassique, het reeds 27Suid-Afrikaanse oesjare as wynmaker-kelderbestuurder beleef; elkeen besonders,uitdagend en net 'n voorreg.

Sy produseer al vir die afgelope 18jaar cap classique onderhaar eie etiket.
Slegs tradisionele kultivars van die Franse-sjampanje-kloonword gebruik vir die maak van Tanzanite. Druiwe word met die hand uitgesoek enaangekoop van spesifieke kalkryke gebiede in die Robertsonvallei.
Heeltrospers word toegepas op klein volumes druiwe en diesap word gegis met 'n Franse giskultuur.
Chardonnay is uniek aan die Robertson-terroir en diekalkryke grond gee kompleksiteit, brioche-geure, langslewendheid en tekstuuraan die versnitte.
Die pinot noir-druif gee elegante bessievrug-geure,struktuur, asook varsheid.
Daar word drie versnitte gebottel Z Tanzanite Brut (chardonnay-pinotnoir) Tanzanite Brut Rose (pinot-chardonnay) en vanjaar vir die eerste keer isdaar 'n blanc de blanc (100% chardonnay) geproduseer onder dieTanzanite-etiket!
Die druiwe was net so mooi dat hierdie droom, wat al virjare gedroom word, binne oomblikke realiseer het.
Tydens bottelering van die versnitte word gis en suiker totdie cuvee-basiswyn gevoeg en sekondêre fermentasie vind plaas in die bottel;egte, bottelgegiste vonkelwyn ontwikkel oor die verloop van 24 tot 36 maandemet 'n eiesoortige Suid-Afrikaanse karakter. Dit is romerig, rond, vrugtig enbaie elegant.

Dit is dus heerlik en veelsydig met vars vrugte wat dierondheid op die palet komplementeer.
Slegs beperkte hoeveelhede word jaarliks vervaardig om tevoldoen aan die huisstyl.
Geniet hierdie bekroonde Tanzanite Brut CapClassique-vonkelwyne.
Vir bestellings, kontak Melanie van der Merwe bymelanie@tanzanitewines. co.za of bel haar by 082 555 8105.












