Aanlyn veiling dié week

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Hierdie tweeslaapkamerhuis in die Clairvaux-kompleks in Franskraal word eersdaags in ’n aanlyn veiling van die hand gesit.
Hierdie tweeslaapkamerhuis in die Clairvaux-kompleks in Franskraal word eersdaags in ’n aanlyn veiling van die hand gesit.

Leo Auctioneers bied op 20 Junie 'n aanlyn veiling van 'n huis in Franskraal aan.

Die tweeslaapkamerhuis is geleë in die Clairvaux-kompleks, aan die hange van die berg. Dit is minder as 'n kilometer van die see af en is op 'n hoekerf van 444 m2 gebou. Die huis is goed uitgelê en die kombuis, sitkamer en eetkamer is alles oopplan.

Van hier vloei die leefvertrek na 'n ruim braaikamer, met 'n ingeboude braai, wat weer op die tuin uitloop. Twee slaapkamers en 'n gesinsbadkamer voltooi die huis. Daar is ook 'n toesluit-motorhuis met direkte toegang vanaf die huis, en 'n afdak vir ekstra parkeerplek. 'n Dek op die motorhuis se dak bied fantastiese uitsigte van die berg.

Die huis het 'n ruim braaikamer.
Die huis het 'n ruim braaikamer.

Die eiendom word goed bestuur en is netjies in stand gehou. Dit is omhein en 'n elektriese hek bied toegang tot die kompleks. 'n Elektriese heining verskaf verdere beveiliging.

Clairvaux is net sowat 6 km van Gansbaai se dorpskern. Franskraal is ideaal geleë om die Overstrand en Overberg te verken en daguitstappies na wynplase en boetiekbierbrouerye te onderneem. Dit is ook net 40 km van Hermanus af.

Besigtiging: Slegs per afspraak

Veiling: Open 20 Junie en sluit 21 Junie

Plek: Aanlyn by leoauctioneers.­co. za

Kontak:

Daar is meer inligting beskikbaar by leoauctioneers.co.za en dit is ook waar jy registreer.

SPELETJIES VANDAG

CTA