Dié eiendom is prima beleggingsgeleentheid

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
’n Knap belegger kan hierdie eiendom in Knysna-Sentraal bekom. Foto: Rawson
’n Knap belegger kan hierdie eiendom in Knysna-Sentraal bekom. Foto: Rawson

Geleë in die hartjie van Knysna-Sentraal wag 'n gemengde-gebruik- kommersiële eiendom op kieskeurige beleggers. Die eiendom bestaan uit 17 winkels en vyf woonstelle, en bied 'n wonderlike geleentheid in een van die streek se gesogte spilpunte met hoë sigbaarheid en strategiese ligging.

Die opkomende veiling is gestruktureer as 'n 100%-aandeel en verandering van direkteurskap in 'n beslote korporasie. Dit is 'n geleentheid vir beleggers om prima eiendom te bekom sonder die las van oordragkoste, kapitaal­wins­belasting of BTW, wat alles bydra tot die aantreklikheid van die eiendom.

Met 'n erfgrootte van 1 190 m² en 'n onderdakarea van sowat 1 072 m² bied dit ruim geleentheid vir diverse kommersiële geleenthede. Die uitleg en langtermyn-huurooreenkomste (die meeste is vas tot 28 Februarie 2027) bemagtig die nuwe eienaars om tekapitaliseer op stabiele huurinkomstestrome en om vir toekomstige groei te beplan.

Neem daarvan kennis dat die opsigter tans in 'n drieslaapkamerwoonstel bly as deel van sy vergoedingspakket en sal die woonstel ontruim by die verkoop van die gebou. Die uiteenlopende groep huurders weerspieël die diverse behoeftes van die plaaslike gemeenskap. Ander huurders sluit in onder meer 'n supermark, meubelwinkels en tavernes.

Hierdie gevestigde on­dernemings en huurders dra by tot 'n huurinkomste van R160 332 per maand, maar daar is potensiaal vir 'n inkomste van R192 082 per maand in-dien al die een­hede ver-huur word.

Met maandelikse uit­gawes wat nagenoeg R39 500 beloop, het die eiendom 'n huidige netto inkomste van R99 919,13 per maand (BTW uitgesluit).

Die potensiële maandelikse netto inkomste word op R127 527,83 gereken.

Boonop trek die eiendom voordeel uit sy uitstekende ligging en die hoë vraag na kommer­siële ruimte in hierdie gesogte gebied wat volgehoue besetting verseker.

  • Die eiendom word op 22 Mei om 12:00 voetstoots opgeveil met 'n reserweprys van R15 miljoen en 'n verwagte openingsbod van R14 miljoen, maar alle botte sal oorweeg word, so moenie aarsel om te bie nie. Vir meer inligting oor hierdie eiendom, bel Louis by 074 339 6208.

SPELETJIES VANDAG

CTA