Gesinswoning netjies opgeknap

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die kombuis
Die kombuis

Dié pragtige gesinswoning in Menlo Park is netjies opgeknap en het 'n moderne gevoel.

Die huis is gerieflik geleë naby aan die Laerskool Menlopark en die toegangsbeheerde area gee jou gemoedsrus. Die erf is ruim en bied baie speelplek vir die kinders om hulself te geniet.

Die hoofslaapkamer het 'n en suite-badkamer met 'n groot stort, bad en dubbelwasbakke.

Daar is nog drie slaapkamers en twee badkamers.

Die vierde slaapkamer het sy eie badkamer en ingang op die grondvloer.

Verder is daar ook 'n gaste­toilet. Die oopplan-kombuis is die groot trekpleister wat net-jies vertoon ná die opknap-ping.

Die eet-en-leefkamer is ook ruim en bied spasie. Daar is 'n toesluitmotorhuis vir twee motors en heelwat plek vir ekstra motors op die erf. Daar is ook 'n huiswerkerkamer.

Kortliks:

Area: Menlo Park, Pretoria

Prys: R3 675 000

Erfgrootte: 1 115 m²

Huisgrootte: 288 m²

Slaapkamers: 4

Badkamers: 3

Motorhuis: 2

Agent: Rawson. Kontak Alfonso van Schalkwyk by alfonso.vsw@rawson.co.za of 078 465 1451, of Estienne­ Fourie by estienne.fourie@rawson.co.za of 066 086 0411.

  • Vir meer inligting, besoek die webwerf property24.com en ge-bruik die verwysingsnommer 1254996.

SPELETJIES VANDAG

CTA