
Hierdie baie spesiale en eksklusiewe fynproewerwoning staan in die hartjie van een van Pretoria se mees gesogte en veiligste toegangsareas - in Groenkloof.
Dit is binne agt tot 10 minute se ry van verskeie laerskole, hoërskole, winkelsentrums, universiteite, hospitale, die R21 en die N1-hoofweg.
Groenkloof, wat om 1944 ontstaan het as 'n baie gewilde en sentrale woonarea, sal altyd gesog bly danksy sy gevestigde infrastruktuur, boomryke strate, verskeie parke waar kinders, honde en voëlkykers hulself kan uitleef en sy eie winkelsentrum.
Laasgenoemde met sy groot supermark, slaghuis, tuisnywerheid, ysterwarewinkel, restaurante, winkels, apteek en motorhawe is op jou voorstoep.
Hierdie keurig ontwerpte eiendom is met die allerbeste afwerkings en toebehore toegerus.
Dit sluit travetine-teëls in die leefareas in, asook ondervloerse verhitting, ekstra hoë plafonne, dubbelhoogte, soliedehout- Franse deure en ruim oopplan-leefareas wat uitloop op 'n heerlike onderdak-onthaalstoep.


Die stoep kyk uit oor die keurig ontwerpte tuin, wat nie veel instandhouding verg nie.
Die hoofsitkamer is 'n baie gesellige en sonnige vertrek wat noord front. Die eetkamer en informele leefarea spog met 'n oopplan-ontwerp en loop uit op die buitestoep, terwyl die kombuis met sy granietafwerkings met sowel elektriese as gastoebehore ingerig is.
In die kombuis is daar boonop volop ingeboude kaste, asook 'n aparte opwasarea met plek vir toestelle soos 'n wasmasjien en 'n tuimeldroër.

Die onderdak-buitestoep is ideaal vir lekker kuier en braai - om gelukkige tye saam met jou familie en vriende te beleef en sommer net ná 'n harde dag op kantoor 'n glasie wyn te geniet en skoene uit te skop terwyl die kinders in die swembad baljaar.
Vir addisionele veiligheid spog die woning met 'n besonderse uitleg.
Die drie slaapkamers - met hul volop ingeboude kaste en drie luukse badkamers plus 'n studeerkamer - is bymekaar geplaas in 'n aparte, sluitbare veiligheidsvleuel.
Die studeerkamer het as praktiese toevoeging 'n buitedeur as 'n mens wil besoekers spreek van die huis af.
Die lugversorgde hoofslaapkamer het ook 'n buitedeur na die swembad en tuin.
Daar is direkte toegang van die ekstra groot dubbelmotorhuis na die hoofwoning en veilige, addisionele onderdakparkering vir twee ekstra voertuie.
As bonus is daar 'n kragopwekker van 5 KvA, veselkabelinternet, 'n goeie alarmstelsel en uitstekende algemene veiligheid.
Die woning is môre tussen 11:00 en 14:00 op skou met aanwysers uit Baines- en Wenning-straat.
Kortliks
Adres: Bainesstraat, Groenkloof
Prys: R3 980 000
Erfgrootte: 583 m²
Gebouegrootte: 292 m²
Slaapkamers: 3,5
Badkamers: 3
Motorhuise: 2
Deelagent: Heiberg Estates.
Kontak Bambie Heiberg byninfo@heibergestates.com of bel haar by 083 654 3773.















