Hier is die 5 besigste winkelsentrums in SA

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Sandton City is die derde gewildste winkelsentrum in Suid-Afrika gemeet aan voeteval.
Sandton City is die derde gewildste winkelsentrum in Suid-Afrika gemeet aan voeteval.

Meer as 10 000 motors parkeer gemiddeld elke dag by die land se 20 besigste winkelsentrums. Die besigste sentrums lok tot 17 000 motors per dag.

Hoewel mense baie langer by die Victoria & Alfred Waterfront in Kaapstad deurbring - gemiddeld 105 minute, dus byna twee uur lank - is dit nié onder die vyf gewildste sentrums die laaste paar jaar nie.

Dié eer gaan aan die Mall of Africa in Midrand. Mense bestee gemiddeld 90 minute by dié winkelsentrum.

Die Mall of Africa in Midrand, Gauteng, is die gewildste winkelsentrum in Suid-Afrika. Foto: Mall of Africa/Facebook
Die Mall of Africa in Midrand, Gauteng, is die gewildste winkelsentrum in Suid-Afrika. Foto: Mall of Africa/Facebook

Die syfers kom uit die jaaroorsig van die eiendomsnavorsingsfirma Lighthouse.

Die vyf winkelsentrums wat die meeste besoekers gelok het in die tydperk Januarie tot Oktober 2023 was:

1. Mall of Africa in Midrand, Gauteng;

2. Galleria Mall in Amanzimtoti, KwaZulu-Natal;

3. Sandton City en die aanliggende Nelson Mandela Square in Sandton, Gauteng;

4. Menlyn Park in Pretoria, Gauteng; en

5. Wonderpark in Pretoria, Gauteng.

Hoewel grootte duidelik saak maak, met al die land se grootste winkelsentrums in die top-20, is die grootste sentrum nie die gewildste nie. Ná uitbreidings het die Fourways Mall vanjaar die grootste winkelsentrum in die land geword teen 178 000 m². Die Mall of Africa, die gewildste sentrum, is die vierde grootste in die land, teen 131 000 m².

Altesame 14 van die besigste winkelsentrums is in Gauteng - seker geen verrassing nie gegewe dat dit ook die provinsie met die meeste inwoners van sowat 15,1 miljoen is, volgens die 2022-sensus. Vier van die sentrums is in KwaZulu-Natal en twee in die Wes-Kaap.

Die Wes-Kaap se gewildste sentrums is die Waterfront en die Canal Walk-winkelsentrum, albei in Kaapstad, volgens vorige data van Lightstone.

Besoeke aan winkelsentrums van Januarie tot Oktober was vanjaar 3% meer as in dieselfde tien maande van 2022.

Die winkelsentrum by die Victoria & Alfred Waterfront in Kaapstad is die Wes-Kaap se gewildste koopbestemming. Mense bly gemiddeld 105 minute by die Waterfront.
Die winkelsentrum by die Victoria & Alfred Waterfront in Kaapstad is die Wes-Kaap se gewildste koopbestemming. Mense bly gemiddeld 105 minute by die Waterfront.
Hanlie Stadler

SPELETJIES VANDAG

CTA