Huisgids: Dié woning skree klas en status

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Met 'n uitstekende en gesogte Lawleystraat-adres is dit 'n gulde geleentheid om jou kleim af te steek in een van Pretoria se veiligste en gewildste strate in hierdie boomryke, gevestigde en uiters veilige toegangsbeheerde woonarea.

Die eiendom, met 'n pragtige tuin met groot grasperke, fon­teine en baie bome, is ideaal vir die hele gesin en bied ook uitgebreide binne- en buite-onthaalareas.

Die woonhuis is naby ambassadeurswonings, wat tot die algehele veiligheid van hierdie eiendom en gewilde area bydra.

Die reusewoning en erf in Kersliggie-straat sal jou betower.
Die reusewoning en erf in Kersliggie-straat sal jou betower.

Lawleystraat, waar die Kersliggies al begin skitter en wink in afwagting op Kersfees, is een van die gesogste adresse in Pretoria en van vroegoggend tot laatmiddag is al wat leef en beef, in die omgewing besig om te stap of te draf.

Boonop is dit 'n katspoegie van die Pretoria-buiteklub en kan jy sommer met jou gholfstokke oor die skouer soontoe stap. Plaaslike winkels en re­staurante is skaars 800 m van die huis.

Die tuin met baie speelplek vir kinders, verdien spesiale vermelding en die feit dat daar 'n sterk boorgat is met 'n gerekenariseerde besproeiingstelsel, is 'n bonus vir enige tuinier.

Vanuit die ingangsportaal vloei die meer formele leefareas, soos die sitkamer met gesellige ingeboude kaggel-kuierarea en die eetkamer wat oopmaak op 'n yslike buite-onderdak-onthaalstoep met 'n mooi uitsig oor die tuin en swembad. Die studeerkamer het volop stoorplek vir lêers en boeke.

Die kombuis.
Die kombuis.

Die groot informele leefarea het 'n keurige, soliede ingeboude houtkroeg wat vloei na sowel die noordekant as die suidekant van die huis met 'n koel binnehof, waar 'n mens heerlik in die somer kan kuier en skemerkelkies geniet.

Die lugverkoelde en gereguleerde wynkelder is ook as 'n kuierplek ingerig met volop wynrakke vir die ywerige wynversamelaar en addisionele toesluit-pakplek.

Die goed toegeruste kombuis met soliede eikehoutkaste en granietwerkoppervlakke het ook 'n eethoekie en 'n aparte opwas­area.

Op die boonste verdieping is 'n tweede gerieflike gesinsvertrek by die slaapkamers geplaas en dit loop uit op 'n indrukwekkende balkon met 'n pragtige uitsig oor die tuin. Die boonste verdieping bied drie ekstra ruim en lugverkoelde slaapkamers, elkeen met volop ingeboude kaste en sy eie luukse badkamer.

Die hoof-en-suite-slaapkamer loop ook uit op die balkon en het gelamineerde houtvloere, 'n spabad, asook 'n ruim instapkas - met net hoëgehalte afwerkings.

Die groot private gastevleuel in die tuin met sy eie kuierplek is ideaal vir familie of vriende wat wil kom kuier. Daar is ook netjiese verblyf vir die personeel. Benewens twee addisionele afdakke wat veilige parkering bied, is dit 'n groot bonus dat 'n mens direk van die dubbelmotorhuis toegang het tot die hoofwoning.

  • Vir ekstra gemoedsrus en veiligheid is daar is kringtelevisiekameras en die algemene veiligheid van die eiendom is uit die boonste rakke. Bel Bambie Heiberg by 083 654 3773 vir 'n afspraak om die huis te besigtig.
Gebruik dié QR-kode vir 'n aanlyn toer van die eiendom
Gebruik dié QR-kode vir 'n aanlyn toer van die eiendom

Kortliks:

Adres: Lawleystraat, Waterkloof

Prys: R10 500 000

Erfgrootte: 2 552 m²

Gebouegrootte: ongeveer 550 m²

Slaapkamers: 4

Badkamers: 4

Motorhuise: 2

Agent: Heiberg Estates.

Kontak Bambie Heiberg by info@heiberg­estates.com of bel haar by 083 654 3773.

SPELETJIES VANDAG

CTA