Die hoofhuis bied verskeie onthaalvertrekke van die mooi swembadarea en die oopplanleefvertrek tot die groot stoep met 'n pragtige uitsig.
Die leefareas is omring deur gevestigde bome wat dit moontlik maak dat gordyne nie nodig is om die son uit te hou nie. Die groot ruimtes gee beslis 'n gevoel van vryheid en privaatheid.

'n Studeerkamer vorm deel van die oopplanleefarea.
Die ruim kombuis het 'n ontbyteiland en 'n aparte opwasarea vir skottelgoed en wasgoed. Vanuit die gang is daar drie slaapkamers waarvan twee 'n badkamer deel.
Die hoofslaapkamer is baie ruim met 'n en suite-badkamer en balkon.

Dan is daar die mooi, moderne tweeslaapkamerwoonstel heel agter op die skuins erf, met 'n stoep en 'n wonderlike uitsig. Dis privaat en baie veilig. Dit het ook sy eie braaiarea. Die woonstel word tans as 'n Airbnb benut, maar dit kan maklik ook gebruik word vir oupa en ouma of aan 'n student verhuur word.
Die erf is groot met baie bome, soos vrugtebome, en struike. Mooi uitsigte, ruimte en privaatheid is aan die orde van die dag.
Waterkloofrif is naby aan die Hoërskool Waterkloof, die Laerskool Monumentpark en die Castle Gate-winkelsentrum geleë en bied maklike toegang tot die R21- en die N1-snelweg.
Kortliks:
Area: Waterkloofrif, Pretoria
Prys: R3 600 000
Erfgrootte: 1 646 m²
Huisgrootte: 506 m²
Slaapkamers: 5
Badkamers: 3
Motorhuise: 4
Parkeerplek:4
Agent: Aïda Pretoria-Oos. Bel Elana de Swardt by 082 454 1936 of stuur 'n e-posboodskap na elana.deswardt@aidapta.co.za.
- Vir meer inligting, besoek property24.com en gebruik die verwysingsnommer 114254963.














