Landgoed behaal puik verkope

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Die Devmark Eiendomsgroep het 'n belangrike mylpaal behaal toe hy meer as R180 miljoen se verkope aangeteken het vir die Langebaan Manor-aftree- en leefstyl-landgoed, wat ontwikkel word in die skilderagtige Weskusdorp Langebaan.

Volgens die ontwikkelaarsgroep is die puik verkoopsyfer 'n bewys van die Weskus se gewildheid onder diegene wat na 'n vreedsame en ontspanne aftree-leefstyl op soek is.

Die nuwe leefstyl-landgoed aan die Weskus, Langebaan Manor, se huise bied ’n tradisionele Weskus-boustyl.
Die nuwe leefstyl-landgoed aan die Weskus, Langebaan Manor, se huise bied ’n tradisionele Weskus-boustyl.

Bouwerk aan die nuwe Langebaan Manor-ontwikkeling is reeds fluks aan die gang.

Die ontwikkeling sal met voltooiing meer as 100 vrystaande huise en 26 deeltitel-eenhede behels.

Kopers wat reeds in die Langebaan Manor-ontwikkeling belê het, kom van oor die land heen.

Die grootste gros is afgetredenes wat na 'n kus-leefstylervaring op soek is.

Die landgoed-leefstyl raak ook al hoe gewilder onder kopers, veral vir sy gerief en veiligheid.

Met die landgoed se ligging in Langebaan bied die ontwikkeling nabyheid aan verskeie geriewe en die pragtigste strande.

Die landgoed bied 'n outentieke Weskus-argitektuur met huispryse wat by R3 150 000 begin.

Veiligheids- en skoonmaakdienste, bekostigbare heffings en gesondheidsorg dra alles by tot 'n sorgvrye leefstyl.

Langebaan se nabyheid aan Kaapstad beteken inwoners geniet 'n unieke kusdorpie-leefstyl, en dit te midde van 'n eiendomsontploffing aan die Weskus wat gedryf word deur mense wat van die huis wil werk.

Kom besoek gerus ons nuutgeboude toonhuis om 'n omvattende ervaring van die nuwe leefstyl-landgoed te beleef.

Langebaan Manor se skoudae word gehou op 2 en 3 Desember, en weer van 16 tot 23 van dieselfde maand.

Gaan besoek gerus ook ons webwerf by www.langebaanmanor.co.za.

SPELETJIES VANDAG

CTA