Leef jou droom op Groot Parys Leefstyl-landgoed

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die bekroonde villas bied asemrowende uitsigte oor die Bolandse berge, met al die geriewe van die Paarl op jou voorstoep.
Die bekroonde villas bied asemrowende uitsigte oor die Bolandse berge, met al die geriewe van die Paarl op jou voorstoep.

Stel jou voor jy word soggens wakker met asemrowende uitsigte oor die Bolandse berge en die wete dat jy gerieflike toegang het tot alles wat die Paarl bied.

Hierdie droom word 'n werklikheid by die Groot Parys Leefstyl-landgoed, waar die gesogte Wingerd Villas II tans soos soetkoek verkoop. Die twee- of drieslaap­kamer-voltitelvillas, geprys van R3,99 miljoen, beskik oor noukeurig ontwerpte oopplanleefruimtes.

Die pragtige oopplan-leefruimtes bied gemaklike vloei en 'n gesellige atmosfeer in elke villa.
Die pragtige oopplan-leefruimtes bied gemaklike vloei en 'n gesellige atmosfeer in elke villa.

Hul grootte wissel van 137m2 tot 211 m2 en is ideaal vir 50-plussers wat 'n landelike leefstyl in 'n beveiligde landgoed soek. Die villas bied moderne kenmerke soos vloere wat maklik is om in stand te hou, energiedoeltreffende vensters, lugversorging en sonkraggereedheid.

Geleë binne die Drakenstein-munisipaliteit, wat onlangs as Suid-Afrika se bes bestuurde munisipaliteit aangewys is, is daar ook opwindende nuwe ontwikkelings by Groot Parys Leefstyl-landgoed aan die gang, wat 'n sorgfasiliteit en leefstylsentrum gaan insluit. Die sentrum sal 'n swembad, biblioteek, vergadergeriewe, koffiehoekie en gimnasium huisves, en sal omring word deur pragtige tuine met voetpaadjies.

Vir meer inligting oor hierdie villas, kontak asseblief vir Marius (082 566 0853) of Werner (082 363 6089), die pa-en-seun-bemarkingspan of stuur 'n e-pos na sales@grootparysestate.co.za.

SPELETJIES VANDAG

CTA