Eiendomme

Mooi kuseiendom in Gansbaai onder hamer

Rawson veil eersdaags 'n ongelooflike eiendom in Gansbaai op met 'n reserweprys van R6 miljoen.

Hierdie bekoorlike kuseiendom van oor 1 628 m² is in die prentjiemooi Van Dyksbaai en spog met lieflike uitsigte en 'n ligging naby die see. Die hoofwoning spog met 'n ruim oopplansitkamer- en eetkamerarea met 'n knus kaggel. Die volledig toegeruste kombuis met ingeboude kaste, 'n oond, kookvlak en uitsuigwaaier verseker dat alle kulinêre behoeftes bevredig word.

Kopers van die eiendom in Gansbaai sal hierdie uitsig kan geniet.Foto: Rawson
Kopers van die eiendom in Gansbaai sal hierdie uitsig kan geniet.Foto: Rawson (SYSTEM)

'n Toegeboude patio met 'n ingeboude braai bied 'n lieflike ruimte vir onthaal in die buitelug. In die hoofhuis is drie slaapkamers, een volledige badkamer en 'n addisionele gastetoilet.

Daarbenewens sluit hierdie eiendom 'n aparte eenslaapkamerwoonstel in, wat verskeie moontlikhede vir ekstra inkomste of uitgebreide verblyf aan familie bied.

Buite is 'n groot tuin, twee motorhuise en veilige parkeerplek vir nog twee voertuie. 'n Buitebraai en 'n patio met skuifdeure voltooi die prentjie. Die kuseiendom bied wonderlike huurpotensiaal met 'n geraamde inkomste van R7 000 per dag in die vakansieseisoen en R4 200 per maand vir die woonstel.

  • Die eiendom word op 27 September om 12:00 opgeveil. Om 'n afspraak vir besigtiging te maak of vir meer inligting, kontak Ilda Santiago­ of Jenni James by 084 762 7195 en 067 165 3737.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM