’n Veilige en groen ontwikkeling

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

In September fokus ons op nuwe ontwikkelings en wat dit vir kopers en huurders kan bied. Eiendomme het meer uitgevind oor Newinbosch net buite Stellenbosch.

Die ingang na die nuwe ontwikkeling Newinbosch net buite Stellenbosch. Grafiese voorstelling: NEWINBOSCH
Die ingang na die nuwe ontwikkeling Newinbosch net buite Stellenbosch. Grafiese voorstelling: NEWINBOSCH

As jy 'n Stellenbosser is, sou jy hierdie nuwe ontwikkeling langs die R304 sowat 3 km vanaf die historiese kern van Stellenbosch al gewaar het, maar vir diegene wat nie so bekend is met die Bos nie, is New­inbosch 'n nuwe ontwikkeling wat oënskynlik aan al die vereistes voldoen - en beslis 'n aanwins vir 'n koper of huurder sal wees.

Eiendomme het met Louise Varga van Pam Golding Properties gesels en meer uitgevind oor dié ontwikkeling.

Wanneer het bouwerk/ontwikkeling aan Newinbosch begin?

Die verkope van die ontwikkeling het tussen Maart en April verlede jaar begin. Die ontwikkelaars was toe reeds besig met die dienste - en die bouwerk vir die individuele huise het in Junie begin­.

Is van die fases al voltooi en kan mense al intrek?

Die eerste fase is amper voltooi en ongeveer 20% het al ingetrek.

'n Voorstelling van hoe 'n eenheid lyk.
'n Voorstelling van hoe 'n eenheid lyk.

Hoeveel fases is daar?

Daar gaan verskeie fases wees, maar die meer as 1 300 residen­siële eenhede bestaan uit huise, meenthuise en woonstelle. Daar gaan ook 'n kommersiële gedeelte wees.

Hoekom is die ontwikkeling 'n goeie belegging om in te koop of te huur?

Behalwe vir die lang lys van aktiwiteite, is Newinbosch ook 'n ses-ster- "green EDGE"-ontwikkeling, oftewel 'n groen ontwikkeling. Uit 'n beleggingsoogpunt; kapitalegroei-oogpunt: Ons het reeds 'n paar herverkope gedoen en elke herverkoop het 'n aansienlike wins getoon.

Waarna kyk kopers deesdae in 'n ontwikkeling?

Prys, waarde vir jou geld, sekuriteit, en die lang lys van aktiwiteite wat 'n landgoed aanbied, asook 'n groen ontwikkeling.

SPELETJIES VANDAG

CTA