Puik woning bied Bosveld-ervaring

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister

Ervaar die rustigheid van die Bosveld in hierdie pragtige woning in die gewilde Wapadrand.

Die woning is gerieflik geleë naby aan winkelsentrums, hospitale, restaurante en snelweë.

Die tuin en stoep.
Die tuin en stoep.

Die dubbelverdiepinghuis bied drie ruim slaapkamers met en suite-badkamers vir privaatheid en gerief. Die hoofslaapkamer is op die grondvlak met gerieflike toegang tot die tuin.

Daar is ook 'n pragtige eenslaapkamerwoonstel met kombuis, woonkamer en badkamer wat deel van die huis vorm. Die woonstel het ook 'n groot patio waar die rustigheid van die omgewing ervaar kan word.

'n Volledig toegeruste huiswerkerkamer met 'n en suite-badkamer kan ook as 'n ekstra kamer gebruik word.

Die eetkamer.
Die eetkamer.

Die ruim dubbelvolume-leefareas is ideaal vir onthaal en daar is ook 'n pragtige oopplan-kombuis, woonvertrek met 'n kaggel, kroeg en groot braaikamer met ingeboude braai.

Die afwerkings in al die vertrekke is van goeie gehalte. Al die vertrekke het 'n gemaklike vloei en die braaikamer kyk uit op die mooi tuin, wat die gevoel van rustigheid beklemtoon.

Daar is ook 'n goed ingerigte private kantoor apart van die huis. Daar is vier motorhuise met 'n ekstra groot ruimte vir 'n woonwa, ekstra motors of motorfietse.

Kortliks:

Area: Wapadrand, Pretoria

Prys: R5 800 000

Erfgrootte: 1 212 m²

Heffing: R700

Erfbelasting: R1 888

Slaapkamers: 4

Badkamers: 4

Motorhuise: 4

Onderdakparkering: 2

Agent: Aïda Pretoria-Oos.

Bel Julie Johnson by 065 304 3604 of stuur 'n e-posboodskap na julie@aidapta.co.za.

Vir meer inligting, besoek property24­.com en gebruik die verwysingsnommer­ 114371932.

SPELETJIES VANDAG

CTA