Hierdie pragtige woning is geleë in 'n eksklusiewe, private landgoed in Montana Park en bied 'n kombinasie van moderne ontwerp, gerief en styl.
Met jou aankoms word jy begroet deur 'n ruim oopplan-leefarea, gekombineer met 'n funksionele en moderne kombuis. Die kombuis beskik oor voldoende kasruimte, granietbladwerk, 'n ontbyteiland en 'n gaskookplaat. Dit vloei oor in die leef- en eetarea wat ook toegerus is met 'n lugversorger.
Aangrensend tot die leefarea is 'n veelsydige onthaalvertrek wat uitloop op die onderdakpatio. Hierdie vertrek kan ook dien as 'n tuiskantoor met toegang tot 'n gastetoilet.
Die vloere is oorwegend gelamineer, terwyl die moderne badkamers ten volle geteël is. Die boonste verdieping bied drie ruim slaapkamers, met die hoofslaapkamer wat beskik oor 'n volledige en suite-badkamer en verbind word deur 'n area toegerus met ingeboude kaste aan weerskante.





Die kamer is ook toegerus met 'n lugversorger. Die buite-area beskik oor 'n gesellige onthaalplek met 'n klein swembad en boma, perfek vir kuier of rustig ontspan in die buitelug.
Die eiendom bied veilige parkeerplek met 'n dubbelmotorhuis, asook 'n omheinde, oordekte parkeerruimte. Dit is ook toegerus met 'n kragomskakelaar wat betroubare reserwekrag verskaf. Die eiendom bied maklike toegang tot die N1-snelweg en is geleë in 'n uiters gesogte, veilige voltitelkompleks met toegangsbeheer.
Kortliks
- Area: Montana Park, Pretoria
- Prys: R2 700 000
- Erfgrootte: 543 m²
- Huisgrootte: 279 m²
- Erfbelasting: R1 500
- Slaapkamers: 3
- Badkamers: 3
- Motorhuis: 2
- Alleenagent: Aïda Pretoria-Noord. Bel Duncan Ward by 079 894 1919 of 012 543 0054 of stuur 'n e-posboodskap aan duncan@aidapta.co.za.
- Vir meer inligting, besoek property24.com en gebruik die verwysingsnommer 114984839.





















