Hierdie drieslaapkamer-dupleks is geleë in 'n gewilde veiligheidskompleks in 'n toegangsbeheerde gebied in Brummeria, Pretoria.
Die dupleks is ruim en die oopplan-sitkamer, kombuis en eetkamer skep 'n gevoel van spasie.
Die grondvlak bied verder 'n groot slaapkamer met 'n volledige en suite-badkamer en vir gaste se gerief 'n aparte gastetoilet.

Stap jy na buite, vind jy 'n gesellige onderdak-patio met 'n ingeboude braai wat uitkyk na die swembad en tuin, wat met besproeiing toegerus is.
Op die boonste verdieping is daar twee slaapkamers. Die hoofslaapkamer met 'n en suite-badkamer het 'n balkon met 'n pragtige uitsig oor die tuin. Die spoggerige studeerkamer het heelwat ingeboude rakke en kan sonder veel moeite in 'n ekstra slaapkamer omgeskep word.
Die erf neem sowat 430 m² in beslag van die kompleks, wat 'n totale 9 144 m² groot is.
Die dubbelmotorhuis het outomatiese deure en daar is bykomende parkeerplek vir twee voertuie. Geniet maklike toegang tot winkelsentrums, skole en ontspanningsgeriewe in jou onmiddellike omgewing.
Kortliks:
Area: Brummeria, Pretoria
Prys: R2 495 000
Erfgrootte: sowat 430 m²
Huisgrootte: 321 m²
Slaapkamers: 3
Badkamers: 4
Motorhuis: 2
Agent: Rawson. Kontak Tania. Reynolds by tania.reynolds@rawson.co.za of by 072 463 3235, of
Tommy du Plessis by tommy.duplessis@rawson.co.za of 082 550 6545.
- Vir meer inligting, besoek property24.com en gebruik die verwysingsnommer 1246661.















