Eiendomme

Sonnige ateljeewoonstel in Vishoek te koop

Merk jou kalender vir 28 Junie, wanneer Rawson Auctions Western Cape 'n eksklusiewe geleentheid bied om 'n sjarmante ateljeewoonstel in Vishoek aan te koop.

Hierdie netjiese eenheid bied 'n gemaklike leefspasie met die addisionele voordeel van binne stap­afstand van die strand en alle geriewe te wees, wat dit 'n ideale beleggingsgeleentheid maak.

Hierdie gebou in Vishoek bied ’n beleggingsgeleentheid.Foto: Rawson
Hierdie gebou in Vishoek bied ’n beleggingsgeleentheid.Foto: Rawson (SYSTEM)

Geleë in die primaligging van Kommetjieweg laat Vishoek inwoners toe om die beste van kuslewe te geniet. Met lieflike strande, pragtige berguitsigte en 'n besige dorpsentrum, bied Vishoek 'n lewendige en ontspanne leefstyl aan inwoners van alle ouderdomme. Die area is ook bekend vir sy uitstekende skole en 'n hele reeks ontspanningsaktiwiteite.

Die ateljeewoonstel self is modern en sonnig met 'n verwelkomende atmosfeer met die instap.

Dit eenheid bied gelamineerde vloere regdeur met 'n gemaklike leefruimte. Die uitleg konnekteer die sitkamer, eet-area en slaapkamer (met ingeboude kaste) en voorsien veelsydige ruimte vir ontspan en onthaal.

Die ten volle toegeruste kombuis bied ingeboude kaste met ruim pakplek en die ontwerp laat die voorbereiding van kos gerieflik geskied. Nog 'n gerief is die volledige badkamer.

Veiligheid is 'n prioriteit en die woonstelkompleks bied afstandbeheerde toegang tot die hoofhek wat inwoners veilig laat voel.

Hierdie ateljeewoonstel bied 'n uitstekende beleggingsgeleentheid.

Die potensiële huurinkomste van R5 000 tot R6 000 per maand maak dit 'n aantreklike opsie vir beleggers wat graag wil voordeel trek uit die verhuringsmark in Vishoek.

"Vishoek en die omgewing bied 'n groot verskeidenheid aantreklike geriewe, van heerlike stap langs die pragtige strandfront tot nabye staproetes is daar nie 'n tekort aan aktiwiteite vir buitelug-aanhangers nie. Die besige dorpsentrum bied 'n verskeidenheid winkels, restaurante en kafees vir elke smaak. Vishoek is ook binne maklike reik­afstand van die Kaapstadse middestad en die skilderagtige Kaapse Skiereiland," sê Tanya Jovanovski, franchise-houer van Rawson Auctions Western Cape.

  • Om besigtiging te reël of vir verdere inligting, kontak Ilda Santiago by 084 762 7195 of Jennifer James by 067 165 3737. Die eiendom sal om 10:00 op 28 Junie opgeveil word. Die reserweprys is R810 000 met 'n verwagte openingsbod van R780 000. Kontak die veilingspan by auctions.info@ rawson.co.za of 079 980 3457.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM