Park Village Auctions stel die veiling van 'n vierverdiepingwoonstelgebou bekend wat tans deur die Universiteit van Johannesburg (UJ) as studenteverblyf geakkrediteer is.
Volgens Clive Lazarus, direkteur van PVA, verteenwoordig die veiling 'n gunstige beleggingsgeleentheid weens die hoë aanvraag - veral in stedelike gebiede - na studenteverblyf as een van die veerkragtigste eiendomsbeleggings in Suid-Afrika.
"Studenteverblyf ervaar gemiddeld 90% besetting en die tekort aan aanbod vergroot die aanvraag en daarom presteer hierdie sektor heelwat beter as ander," sê Lazarus.
Die Cherbourg-woonstelgebou in Fullerweg 50, Bertrams, is 'n goeie voorbeeld met slegs vier onbeset uit sowat 108 beddens. Terwyl dit nie gewaarborg is nie, word die studente wat tans die gebou beset, deur die Nasionale Finansiële Hulpskema vir Studente gefinansier.
Die vierverdieping-woonstelgebou bestaan uit 12 drieslaapkamer-, agt tweeslaapkamer- en ses enkelkamerwoonstelle, 'n sosiale kamer, waskamer, algemene pakkamer, nege kelderparkeerplekke en drie oopparkeerplekke. Elke drie- en twee-slaapkamereenheid bestaan uit 'n kombuis, badkamer en toilet, terwyl die enkelkamer 'n kombuisie bevat en 'n gemeenskaplike badkamer deel.
Die slaapkamers is toegerus met twee enkelbeddens en 'n lessenaar elk. Staande yskaste en stowe is in die kombuise voorsien en die badkamers bevat die standaard-sanitêreware. Daar is 'n wasmasjien en tuimeldroër in die waskamer. Ander toerusting sluit in vingerafdruktoegangsbeheer, 'n draaihekvoetgangerhek, CCTV-kameras en WiFi is as byvoeging beskikbaar.
Cherbourg-woonstelle is 'n klipgooi weg van die Doornfontein-kampus van die UJ en vervoer word aangebied as 'n byvoeging. Naby geriewe sluit in die Johannesburg College of Education, die Emirates-lugdiens, die Ellispark-rugbystadion, die Johannesburg-atletiekstadion, die Ellispark-sportgronde, die Olimpiese swembad, die Johannesburg Kunsgalery en die gewilde Maboneng Precinct.
- Die veiling sal aanlyn op die perseel plaasvind by Fullerweg 50, Bertrams om 11:00 op Dinsdag 23 April. Besigtiging streng slegs volgens afspraak. Om te bespreek, bel Debbie Scholes by 011 789 4375 of kontak auctions@parkvillage.co.za.
Besoek webverwysing 1507 op parkvillageauctions.co.za vir inligting. Vir alle veilingverwante inligting, kontak Park Village Auctions by 011 789 4375 of besoek parkvillageauctions.co.za.





















