Veeplaas te koop op veiling

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Die plaas is verdeel in 28 kampe met goeie water uit ses boorgate.
Die plaas is verdeel in 28 kampe met goeie water uit ses boorgate.

Home & Hectare veil Woensdag 'n veeplaas op Bitterfontein op.

Die plaas het goed uitgeruste en versorgde bossie- en grasveld bestaande uit drie dele. Daar is ook goeie vlaktes, randte en bergveld en dis verdeel in 28 kampe met goeie water vanuit ses toegeruste boorgate.

Infrastruktuur bestaan uit 'n woonhuis, twee skure, twee arbeidershuise, 'n skeer/voerskuur en veehanteringsgeriewe.

Die heinings is in 'n puik toestand met jakkalswerende grensheining, gepak met klip en gedeeltelik geëlektrisifiseerd. Daar is ook veewerende kampdrade.

Hierdie is 'n uiters netjiese veeplaas wat pragtige panoramiese uitsigte bied.

Besigtiging: Slegs per afspraak.

Veiling: Woensdag 18 September om 11:00.

Plek: Middelputs

Kontak: Appie Maritz by 082 825 3895 of Albie Loubser by 082 573 9902

SPELETJIES VANDAG

CTA