Eiendomme

Vier nuwe woonstelle in Ballito op veiling

Luister na die artikel
-00:00
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Vier gesogte deeltiteleenhede in Manor Estates, Ballito, gaan opgeveil word via PVA se reg­streekse veiling op 2 Oktober.Foto: PVA
Vier gesogte deeltiteleenhede in Manor Estates, Ballito, gaan opgeveil word via PVA se reg­streekse veiling op 2 Oktober.Foto: PVA

Park Village Auctions (PVA) is gereed om vier splinternuwe deeltiteleenhede in die gesogte Manor Estates in Ballito op te veil. Volgens Keith Green van PVA verkoop die eiendomme op die landgoed vinnig en hy verwag intense bieëry in die regstreekse veiling.

"Soos die Umhlanga-metro aanhou uitbrei, sien ons heelwat welaf individue en gesinne die beste van albei wêrelde geniet in Ballito deur na die sentrale sakedistrik te pendel en dan te woon en ontspan in Ballito."

Die veiling bestaan uit eenheid 60, 61, 62 en 63 van Manor Views-woonstelle in Manor Estates. Elke eenheid bied twee slaapkamers, twee badkamers, 'n oopplansitkamer, eetkamer, kombuis, onderdakbalkon, een motor­afdak en een oop parkeerplek van 92 m². Die landgoed bied verskeie fasiliteite insluitend 'n swembad en gemeenskaplike braaiarea.

Manor Estates is in Old Highway-weg 44, Umhlali, Dolphin Coast. Dit is naby die Umhlali County Club and Golf Estate, Sugar Rush Park, die Dolphin Coast-gesondheidsentrum, die Ballito Junction Mall en 'n kort rit vanaf die strand in Boulderbaai en Willard Beach.

  • Die aanlyn veiling vind om 11:00 op Maandag 2 Oktober plaas. Om te registreer en vir inligting of om 'n afspraak vir besigtiging te maak, besoek parkvillageauctions.co.za met webverwysing 1348 of skakel 031 512 5005.

SPELETJIES VANDAG

Spesiaal vir intekenare!CTA

Elke dag ’n nuwe blokraai, sudoku en woordblom asook ’n weeklikse vasvra élke Vrydag. 

SPEEL SAAM